Gedenkteken vir Minin en Pozjarski

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pozjarski (sittende) en Minin (staande) se gedenkteken in Moskou.

Die Gedenkteken vir Minin en Pozjarski (Russies: Памятник Минину и Пожарскому, Pamjatnik Minini i Pozjarskomoe) is ’n bronsstandbeeld voor die Sint Basilius-katedraal op Rooiplein in Moskou. Dit is in 1812-1818 opgerig vir Koezma Minin en prins Dmitri Pozjarski, wat in 1612 ’n leër op die been gebring het om die Pole uit die Kremlin te verdryf en so ’n einde te bring aan die Russiese Tyd van Beroeringe.

Dit is gemaak volgens ’n ontwerp deur die beeldhouer Iwan Martos en is ná ’n beplannings- en boufase van 15 jaar in Februarie 1818 feestelik onthul. Dit was ’n paar jaar ná die oorlog teen Napoleon en net nadat Moskou weer herbou is, en die gedenkteken het dus terselfdertyd gedien as simbool van die onoorwinbaarheid van Rusland en sy dapper seuns.

Dit het aanvanklik voor die hoofingang van die GUM gestaan, maar is in 1930 na sy huidige plek geskuif om plek te maak vir militêre parades van die voormalige Sowjetunie.

Sedert 2005 word 4 November weer gevier as die "Dag van die Vereniging van die Volk".

Koördinate: 55°45′10″N 37°37′21″O


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia


Bakens aan Rooiplein
Moskouse Historiese StaatsmuseumOpstandingspoort en Iberiese KapelVoormalige Moskouse Provinsiale RaadsgebouKazan-katedraalGUM-afdelingswinkelVoormalige GroothandelsgebouLobnoje MestoGedenkteken vir Minin en PozjarskiSint Basilius-katedraalOostelike KremlinmuurLenin-mausoleumKremlinmuur-dodeakker