Groototter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groototter
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Familie: Mustelidae
Subfamilie: Lutrinae
Genus: Aonyx
Spesie: A. capensis
Binomiale naam
Aonyx capensis
(Schinz, 1821)
Verspreiding
Verspreiding

Die Groototter (Aonyx capensis) is 'n otterspesie wat slegs in Afrika voorkom, van die weste Senegal tot die ooste Ethiopië en die suide Suid-Afrika. Die groototter is die tweede grootste varswater otterspesie en word naby permanente strome, kuile en ander waterliggame in grasvlaktes en beboste laeveldareas gevind.

Groototters het gedeeltelik gewebde en kloulose voete. 'n Volwasse groototter het 'n gemiddelde massa van 10 kg en 'n gemiddelde lengte van 135 cm.

Die groototter se dieet bestaan hoofsaaklik uit krappe, vis, paddas, voëls en voëleiers. Die diere sal in die water duik om waterlewende prooi te vang en dan terug na die oewer swem om daar te eet. Hulle het sensitiewe snorbaarde, wat die bewegings van potensiële prooi in die water help bespeur.

Die wyfie is nege weke dragtig, waarna sy die lewe skenk aan twee tot vyf kleintjies. 'n Groototter het 'n moontlike lewensduur van 16 jaar.

'n Groototter lê in die son en bak
Standbeeld van 'n groototter in Kirstenbosch

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

  • Hussain, S.A. & Reuther, C. (2004): Aonyx capensis by die IUCN se Red List vir bedreigde spesies.
  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.