Hansie Cronjé

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hansie Cronjé.

Wessels Johannes "Hansie" Cronjé (25 September 1969 - 1 Junie 2002) was 'n bekende Suid-Afrikaanse krieketspeler en kaptein van Suid-Afrika se nasionale krieketspan.

Cronjé was 'n talentvolle jong kolwer wat 'n besonderse insig in die taktiek van die spel gehad het. Hy begin sy krieketloopbaan in die Vrystaat, waar hy op 21-jarige ouderdom die kaptein word. Sy eerste nasionale wedstryd vind slegs 'n jaar later plaas. Hy word in 1993 as kaptein van die Suid-Afrikaanse span aangestel en lei die span tot verskeie oorwinnings oor lande soos Nieu-Seeland en Engeland. Hy was 'n gelowige Christen wat sy geloof op beide die veld as daarbuite uitgeleef het. Om dié rede was dit 'n groot skok toe hy in April 2000 erken het dat hy deel van 'n omkoopskandaal was waarby hy geld en goedere ontvang het om die uitkoms van wedstryde te beïnvloed. Hierna word hy veroordeel en verbied om ooit weer krieket te speel of selfs af te rig.

Cronjé is op 1 Junie 2002 in 'n vliegtuigongeluk naby George oorlede.

Ten spyte van die omkoopskandaal waarby Cronjé betrokke was, is hy in 2004 deur SAUK3 aangewys as die 11de grootste Suid-Afrikaner ooit.

Sien ook[wysig]