Homo cepranensis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Homo cepranensis
Tydperk: Pleistoseen,
0.5–0.35 m. jaar gelede
Skedel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Primates
Familie: Hominidae
Genus: Homo
Spesie: H. cepranensis
Binomiale naam
Homo cepranensis
(Mallegni et al., 2003)

Homo cepranensis is ’n voorgestelde naam vir ’n menslike spesie wat verteenwoordig word deur ’n enkele kopbeen wat in 1994 in Italië ontdek is.[1] Die fossiel is deur die argeoloog Italo Biddittu ontdek en is die bynaam "Ceprano-mens" gegee na aanleiding van ’n nabygeleë dorp 89 km suidoos van Rome.[2]

Die ouderdom van die fossiel word geskat op tussen sowat 350 000 en 500 000 jaar.[3] Die eienskappe van die kopbeen dui op ’n oorgang tussen Homo erectus en latere spesies soos Homo heidelbergensis. Volgens ’n 2011-studie is dit ’n voorsaat van Homo neanderthalensis.[4]

Verwysings[wysig]

  1. (2003) “Homo cepranensis sp. nov. and the evolution of African-European Middle Pleistocene hominids”. Comptes rendus de l'Académie des sciences 2 (2): 153–159. DOI:10.1016/S1631-0683(03)00015-0.
  2. (2001) “A cranium for the earliest Europeans: Phylogenetic position of the hominid from Ceprano, Italy”. Proceedings of the National Academy of Sciences 98 (17): 10011–10016. DOI:10.1073/pnas.151259998.
  3. (2009) “Pleistocene magnetochronology of early hominin sites at Ceprano and Fontana Ranuccio, Italy”. Earth Planet. Sci. Lett. 286 (Early online): 255. DOI:10.1016/j.epsl.2009.06.032.
  4. http://www.ploscollections.org/article/info%3Adoi%2F10.1371%2Fjournal.pone.0018821;jsessionid=4A4B8A5E7DD12BC3E642D5AE30B80069.ambra02