Kaapse floraryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaapse floraryk*
Unesco-wêrelderfenisgebied

Flora at Cape Peninsula.JPG
Ligging van Kaapse floraryk op 'n kaart (Suid-Afrika)
Kaapse floraryk
Kaapse floraryk
Posisie van die Namibwoestyn in Suid-Afrika
Koördinate: 34°10′00″S 18°22′30″O
Lande Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Tipe Natuur
Kriteria ix, x
Verwysings 1007
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2004  (28ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Kaapse floraryk, ook Capensis genoem, is een van die ses Floraryke op aarde. Dit omvat die uiterste, suidwestelikste punt van Afrika (Suid-Afrika) en is deur 'n woestyngordel (uit die Karoo en Namibië) van die res van Afrika geskei. Dit is die kleinste van die floraryke, maar in verhouding met die oppervlakte is dit die mees soortryke floraryk. Dit trek elke jaar ontelbare botanici en plantevriende uit die hele wêreld aan.

Hoofsaaklik is vir die Kaapflora die buitengewoonlike endemieterykdom te benadruk, wat heet, dat daar hier baie plante van 'n geslag of familie aanwesig is, wat alleen in die begrenste gebied aangetref word. Verder is daar ooreenkomste met die floraryke van Antarktika en Australië, Antarctis en Australis, vasstelbaar (hierdie gebiede wat vandag ver van mekaar af lê, het aan die einde van die Jura saam die kontinent Gondwanaland gevorm).

Plantsoorte[wysig]

Ongeveer 10% van die totale plantesoort, na skatting 22 000 botaniese soorte op aarde, vind hier hulle leefomgewing. Die veelsydige altyd groene plantegemeenskap van Capensis word fynbos genoem. Daaronder bevind hulle Silwerboomgewasse, 100 proteasoorte, en nietemin 600 verskillende soorte van die erikageslag, asook talryke vleesetende plantesoorte.

Op Tafelberg in Kaapstad alleen is daar meer plantsoorte as byvoorbeeld in die hele Groot-Brittanje. Baie indrukwekkend en gelief by vakansiegangers is Namakwaland wat na die voorjaarsreën in 'n reëlregte blommemeer verander.

Talryke plante wat in hierdie gebied in die wild groei, word na Europa uitgevoer en is die uitgangspunt van baie telinge van geliefde tuinplante. Hiertoe behoort astersoorte, freesia's, pelargonia's, irisse, geraniums, strobloeme, en ander.

Brande as bron van lewe[wysig]

Brande speel 'n belangrike rol in die ekologie van die Kaapse Floraryk. Hulle is ook 'n rede waarom daar in droëre streke weinig bos is. Enkele plante kiem pas na 'n brand, byvoorbeeld omdat ou plante die lig nie meer van die jonge plante ontneem nie. Daar word vandag probeer deur doelgerigte brande vir die onderhoud van die natuur te sorg.

Eksterne skakels[wysig]