Kgalagadi Vredespark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kgalagadi Vredespark
(Kgalagadi Transfrontier Park)
Versamelvoëls se neste in ou bome
Versamelvoëls se neste in ou bome
Kgalagadi Transfrontier Park map.gif
Land Suid-Afrika en Botswana
Provinsie Noord-Kaap
Naaste dorp Upington
Ligging van Kgalagadi Vredespark op 'n kaart (Noord-Kaap)
Kgalagadi Vredespark
Kgalagadi Vredespark
Koördinate: 25°46′0″S 20°23′0″O Koördinate: 25°46′0″S 20°23′0″O
Oppervlak 38 000 ha
Openingsjaar 31 Julie 1931 (Kalahari Gemsbok Park)
12 Mei 2000 (Kgalagadi Vredespark)
Bestuursliggaam SANParke en
Botswana Wildlife and National Parks
Webblad http://www.sanparks.org/parks/kgalagadi/
Rooi duine in die Kgalagadi-Kalahari.
'n Gemsbok staan in 'n droë rivierloop.


Kgalagadi Vredespark is 'n uitgestrekte wildernis en bewaringsarea in Suider-Afrika. Die park omsoom die grens tussen Suid-Afrika en Botswana en bestaan uit twee aangrensende nasionale parke:

  • Kalahari Gemsbok Nasionale Park in Suid-Afrika
  • Gemsbok Nasionale Park in Botswana

Die totale oppervlak van die park is 38 000 km2. Ongeveer driekwart van die park lê in Botswana en 'n kwart in Suid-Afrika.

Kgalagadi beteken plek van dors. Die park lê grotendeels in die suidelike Kalahariwoestyn. Die landskap bestaan uit rooi sandduine, yl plantegroei, hier-en-daar 'n boom, en die droë rivierbeddings van die Nossob- en Auobriviere. Die riviere vloei volgens oorlewering slegs eenkeer in 'n eeu. Water vloei egter ondergronds en verskaf lewe aan gras en kameeldoringbome wat in die rivierbeddings gedy. Die rivier mag gering vloei na groot donderstorms, terwyl die wild feesvier en na die rivierlopies stroom om hulle ewige dors te les.

Wildlewe[wysig]

Die park het 'n volop verskeidenheid natuurlewe. Dis die tuiste van groot soogdierpredatore, soos die swart-maanhaar Kalaharileeus, jagluiperds, luiperds, en hiënas. Troppe plantvreters soos blouwildebeeste, springbokke, elande, en rooihartbeeste woon en trek rond in die park na gelang van die seisoen; en verskaf daarmee genoeg voedsel aan die vleiseters. Meer as 200 verskillende spesies voëls kan in die park waargeneem word, onder andere aasvoëls, arende en sekretarisvoëls.

Klimaat[wysig]

Die weer in die Kalahari kan uiterstes bereik. Januarie is midde-somer in suider Afrika en die dagtemperatuur oorskry gemaklik 40 °C (104 °F). Winternagte kan bitterkoud word met temperature benede vriespunt. Ekstreme temperature van –11 °C en op tot 45 °C is al aangeteken. Reënneerslae is baie skaars in hierdie woestyngebied.

Geriewe[wysig]

Daar is slegs drie tradisionele ruskamp-lodges vir toeriste. Hulle is voldiens lodges en sluit bv. lugreëling, winkels en swembaddens in. Dan is daar ses wilderniskampe in die park, hulle verskaf slegs skuiling en vars water; besoekers moet hulle eie voedsel, drinkwater en vuurmaakhout verskaf.

Twee Rivierenkamp in Kgalagadi.
Urikaruuskamp

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: