Konstantyn VI van Bisantium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Konstantyn VI
Keiser van die Bisantynse Ryk
Konstantyn VI (regs van die kruis) by die Tweede Konsilie van Nicea. (Miniatuur uit die vroeë 11de eeu.)
Konstantyn VI (regs van die kruis) by die Tweede Konsilie van Nicea. (Miniatuur uit die vroeë 11de eeu.)
Bewind 776797
Dinastie Siriese
Gebore 14 Januarie 771
Oorlede Voor 805
Voorganger Leo IV
Opvolger Irene
Eggenote Maria
Theodote
Kinders Euphrosyne
Irene
Leo
Vader Leo IV
Moeder Irene

Konstantyn VI (Grieks: Κωνσταντῖνος Ϛ΄; 14 Januarie 771 – voor 805) was die Bisantynse keiser van 780 tot 797.

Hy was die enigste kind van keiser Leo IV en Irene. Hy is in 776 deur sy pa as medekeiser gekroon en het hom in 780 as alleenheerser opgevolg toe hy nege jaar oud was. Omdat hy minderjarig was, het hy saam met Irene en haar hoofminister, die eunug Staurakios, regeer.

Toe Konstantyn 16 word, het sy ma steeds die mag oor hom behou. Nadat ’n opstand teen haar in die lente van 790 onderduk is, het sy probeer om amptelike erkenning as keiserin te kry. Dit het geboemerang en Konstantyn het in 790 met militêre steun aan die bewind gekom. Irene het egter die titel keiserin behou.

Op 19 April 797 is Konstantyn deur ondersteuners van sy ma gevange geneem en verblind en Irene is as eerste heersende keiserin gekroon. Dit is onseker wanneer Konstantyn dood is; dit was beslis voor 805, maar hy is waarskynlik aan sy wonde dood nadat hy verblind is.

Gesin[wysig]

Konstantyn en sy eerste vrou, Maria, het twee dogters gehad:

  • Euphrosyne, wat met keiser Michael II getrou het.
  • Irene, wat ’n non geword het.

By sy minnares en later tweede vrou, Theodote, het hy twee seuns gehad, wat albei jonk dood is:

  • Leo
  • Nog ’n seun


Keisers van die Bisantynse Ryk
Palaiologos-Dynasty-Eagle.svg
Konstantyn die GroteConstantius IIConstans IJulianusJovianusValentinianus IValensGratianusTheodosius IArcadiusTheodosius IIMarcianusLeo ILeo IIZenoBasiliscusAnatasius IJustinus IJustinianus IJustinus IITiberius IIMauriciusPhokasHerakleiosKonstantyn IIIHeraklonasConstans IIKonstantyn IVJustinianus IILeontiosTiberius IIIJustinianus IIPhilippikosAnastasius IITheodosius IIILeo IIIKonstantyn VArtabasdosLeo IVKonstantyn VIIreneNikephoros IStaurakiosMichael ILeo VMichael IITheophilusMichael IIIBasilius ILeo VIAlexanderKonstantyn VIIRomanos IRomanos IINikephoros IIJohannes IBasilius IIKonstantyn VIIIZoëRomanos IIIMichael IVMichael VTheodoraKonstantyn IXMichael VIIsak IKonstantyn XMichael VIIRomanos IVNikephoros IIIAlexios IJohannes IIManuel IAlexios IIAndronikos IIsak IIAlexios IIIIsak IIAlexios IVAlexios VTheodoros IJohannes IIITheodoros IIJohannes IVMichael VIIIAndronikos IIAndronikos IIIJohannes VJohannes VIAndronikos IVJohannes VJohannes VIIJohannes VManuel IIJohannes VIIIKonstantyn XI