Micheil Saakasjwili

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Micheil Saakasjwili
Micheil Saakasjwili

Foto van Micheil Saakasjwili


Derde president van Georgië
Ampstermyn
20 Januarie 2008 – 17 November 2013
Voorafgegaan deur Nino Burjanadze
Opgevolg deur Giorgi Margwelasjwili

Derde president van Georgië
Ampstermyn
25 Januarie 2004 – 25 November 2007
Voorafgegaan deur Nino Burjanadze
Opgevolg deur Nino Burjanadze

Persoonlike besonderhede
Geboorte 21 Desember 1967
Tbilisi, Georgië
Politieke party Verenigde Nasionale Beweging
Eggenoot/eggenote Sandra E. Roelofs
Kind(ers) Eduard en Nikoloz
Religie Ortodokse Kerk
Handtekening Mikheil Saakashvili Signature.svg

Micheil Saakasjwili (Georgies:მიხეილ სააკაშვილი, gebore 21 Desember 1967) is 'n politikus en voormalige president van Georgië. Hy was van 2004 tot 2013 (met 'n kort onderbreking in die winter van 2007 tot vroeg 2008) die president van Georgië.

Saakasjwili was namens sy party, die Verenigde Nasionale Beweging, die opposisieleier in Georgië gedurende die Roosrewolusie in November 2003, waartydens president Sjevardnadze tot uittrede gedwing is. Op 4 Januarie 2004 wen hy die presidentsverkiesing en op 25 Januarie van dieselfde jaar word hy as president ingehuldig.

Sedert hy in 2004 aan die bewind gekom het, het Saakasjwili sterk na die Weste gevry in ruil vir gesofistikeerde wapentuig en opleiding vir sy weermag. Onder sy bevel het hulle die betwiste streek Suid-Ossetië in 2008 binnegeval, nadat dit in die vroeë jare negentig van Georgië weggebreek het. Rusland het egter die gebied suksesvol verdedig en Georgië se troepe moes noodgedwonge onttrek.[1]

Saakasjwili is bekend vir sy fel uitsprake, wat nie altyd die gewenste resultate lewer nie. Hy het van geboorte die Russiese voornaam, Michail. Hy het vir 'n lang tyd ook self die voornaam gebruik.[2]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]