Ob

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Obrivier
Die Ob in Nowosibirsk.
Die Ob in Nowosibirsk.
Ob watershed.png
Die stroomgebied van die Ob.
Oorsprong Kruispunt van Bija en Katoen in Bijsk
Monding Arktiese Oseaan
Stroomgebied Rusland
Lengte 2 962 km (1 841 myl)
Oorsprong-hoogte 2 300 m (7 546 voet)
Monding-hoogte 0 m
Gemiddelde afloop 12 475 m/s³ (440 550 ft³/s)
Stroomgebiedoppervlakte 2 972 497 km² (1 147 688 myl²)
Kaart van die Ob-bekken in Europa.
Kaart van die Ob-bekken in Europa.
Satellietfoto van die Ob vlakby die monding in die Kara-see.

Die Ob (Russies: Обь) is ’n belangrike rivier in Wes-Siberië in Rusland wat saam met sy sytak die Irtisj een van die grootste rivierstelsels ter wêreld vorm (lengte: 5 410 km, stroomgebied: 2 975 000 km²). Dit vloei net deur Russiese grondgebied. Die Ob self is die vierde langste rivier in Rusland; van die oorsprong van die Irtisj tot by die mond van die Ob is dit die land se langste rivier. Dit het die langste riviermonding in die wêreld.

Name[wysig]

Die Ob word As, Jag, Kolta en Jema genoem deur die Chanti-volk, Kolta of Koeai deur die Nenets-volk en Oemar of Omar deur die Siberiese Tatare.

Geografie[wysig]

Albei bronriviere van die Ob, die Katoen en die Bija, ontspring in die Altai-gebergte. Van die stad Bijsk vloei die twee saam as die Ob, wat by Chanti-Mansijsk met die Irtisj saamvloei en daarna nog 1 162 km aflê na die Obboezem, die riviermonding aan die Kara-see, waarin hulle uitmond. Afgesien van die Irtisj is die belangrikste sytakke die Tom-, Tsjoelim-, Ket- Tim- en Wach-rivier. Nowosibirsk is die grootste stad aan die Ob. In die Siberiese Laagvlakte is Soergoet en Salechard die vernaamste stede.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Ob-rivier (kategorie)