Altai-krai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Altai-krai
Алтайский край
Die ligging van Altai-krai in Rusland.
Die ligging van Altai-krai in Rusland.
Politieke status
Land Flag of Russia.svg Russiese Federasie
Federale distrik Siberië
Ekonomiese streek Wes-Siberië
Stigting 28 September 1937
Regering
Hoofstad Barnaoel
Leier Aleksander Karlin
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Raad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 2 419 755
Volgorde 21ste
Digtheid 14,31/km2
Stedelik 54,7%
Plattelands 45,3%
Statistiek
Oppervlakte 169 100 km2
Volgorde 22ste
Tydsone UTC+07:00
Registrasienommer 22
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.altairegion22.ru/
Wapen en vlag
Coat of Arms of Altai Krai.svg

Flag of Altai Krai.svg
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Altai-krai (Russies: Алта́йский край, Altaiski krai) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Barnaoel. Die krai grens aan Kazachstan, Nowosibirsk-oblast, Kemerowo-oblast en die Republiek van Altai.

Demografie[wysig]

Volgens die 2002-sensus maak Russe 92% van die bevolking uit, Duitsers 3% en Oekraïners 2%. Daar is ook ander groepe wat minder as 1% elk uitmaak, soos Kazachs, Tartare, Belarusse en Armeniërs.

Geografie[wysig]

Altai-krai bestaan uit heuwels, graslande, mere, riviere en berge.[1] Die winters is lank en koud en die somer warm en gewoonlik droog. Die grootste rivier is die Ob en die grootste mere die Koeloendinskoje, Koetsjoekskoje en Michailofskoje.[2]

Ekonomie[wysig]

Die krai het groot hoeveelhede ru materiaal, veral boumateriaal, en aansienlike mineraalneerslae soos lood- en ystererts, wolfram, molibdeen en goud. Woude beslaan sowat 60 000 km² van die grondgebied.[2].

Altai-krai is een van Rusland se belangrikste landboustreke. Landerye beslaan sowat 110 000 km² van die streek. Lentekoring, bokwiet, mannakoring, ertjies, gort, hawermout, aartappels en ander groente word verbou. Dis die enigste streek in Siberië waar sonneblomme, sojabone en sekere soorte vrugte groei.

Veeteelt is hoofsaaklik vir die vervaardiging van melk, vleis, kaas en eiers. Dis ook ’n belangrike streek vir skaapboerdery en wolproduksie.

Verwysings[wysig]

  1. Russian program — Altai”. URL besoek op 2006-11-30.
  2. 2,0 2,1 Altai Territory”. URL besoek op 2006-11-29.
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg