Oranjekol-klipkabeljou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oranjekol-klipkabeljou
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Serranidae
Subfamilie: Epinephelinae
Genus: Epinephelus
Spesie: E. coioides
Binomiale naam
Epinephelus coioides
(Hamilton, 1822)

Die Oranjekol-klipkabeljou (Epinephelus coioides) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika van die Persiese Golf tot by Durban. Die vis het onlangs die Middellandse See binnegedring via die Suezkanaal. In Engels staan die vis bekend as die Orangespotted rockcod.

Voorkoms[wysig]

Die vis het oranje tot rooi-bruin kolletjies op die lyf en vinne en die kolletjies verdof soos die vis verouder. Die vis word tot 100 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis word gevind in riviermondings en ook in kuswater tot op dieptes van 100 m. Hulle vreet hoofsaaklik ander vis en skaaldiere. Die vis is gewild in die Taiwanese mark as 'n eetvis.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]