Patriarg Aleksi II van Moskou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Patriarg Aleksi II
Blessed Patriarch Alexy II of Moscow.jpg
Kerk Russies-Ortodokse Kerk
Setel Moskou
Termyn 10 Junie 19905 Desember 2008
Russies Алексий II
Kerkampte
Priester 17 April 1950
Biskop 3 September 1961
Voorganger Patriarg Pimen
Opvolger Patriarg Kirill
Persoonlike besonderhede
Geboortenaam   Alexey Mikhailovich Ridiger
Gebore (1929-02-23)23 Februarie 1929
Geboorteplek Tallinn, Estland
Oorlede 05 Desember 2008 (79 jaar oud)
Sterfteplek Peredelkino, Rusland
Nasionaliteit Esties
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Aleksi II of gelatiniseer Alexius II (Russies: Алексий II; Tallinn, Estland, 23 Februarie 1929 – Peredelkino, 5 Desember 2008) was van 10 Junie 1990 tot 5 Desember 2008 patriarg van Moskou en die hele Rusland. Hy het patriarg Pimen opgevolg.

Hy is gebore as Aleksei Michailowitsj Ridiger (Алексей Михайлович Ридигер) as die seun van die Russies-Ortodokse priester Michail Aleksandrowitsj Ridiger en sy vrou, Jelena Iosifowna Pisarewa.

Hy het in 1950 ’n priester geword, in 1961 ’n biskop met die naam Aleksi, in 1964 ’n aartsbiskop en in 1968 metropoliet toe hy net 39 jaar oud was.

Op 10 Junie 1990 is hy verkies tot die Russies-Ortodokse Kerk se patriarg van Moskou en die hele Rusland. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie het die Kerk sterk onder hom gegroei.

Hy het in die laaste paar jaar van sy lewe aan hartkwale gely. Hy is op 5 Desember 2008 op 79-jarige leeftyd oorlede en is opgevolg deur patriarg Kirill, eers as locum tenens van 6 Desember van daardie jaar af en toe patriarg van 1 Februarie 2009 af.

Eksterne skakels[wysig]

OrthodoxCross(black,contoured).svg    Russies-Ortodokse patriarge van Moskou en die hele Rusland
 1589 - 1721  St. JobIgnatius (nie erken deur die Russies-Ortodokse Kerk)St. HermogenesFilaretJoasaf IJosefNikonPitirim (locum tenens)Joasaf IIPitirimJoachimAdriaanStefan Jaworski (locum tenens)
 1721 - 1917  Heiligste Regerende Sinode
 1917 - hede  St. TichonPieter van Kroetitsi (locum tenens)SergiusAleksi IPimenAleksi IIKirill