Portaal:Rusland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Cartella rossa.jpg

Flag Russia template.svg
Welkom by die Rusland-portaal
Храм Спаса на крови 7.jpgRiver Sob north of Kharp.jpgBallet Bolshoi, Festival de Dança de Joinville.jpgMoscow-City 28-03-2010 2.jpgAmur Leopard Panthera pardus orientalis Facing Forward 1761px.jpgAngliyskaya Enbankment SPb.jpg
Привет!
Russian Flag with map.png

Die Russiese Federasie (Russies: Российская Федерация) lê gedeeltelik in Europa en gedeeltelik in Asië. Die land se geskiedenis begin - net soos dié van Oekraïne en Wit-Rusland - in die 9de eeu met die stigting van die eerste Oos-Slawiese ryk, Kiëf-Roes. Dié het later verbrokkel en in talle klein feodale state verdeel. Die belangrikste hiervan was die Groothertogdom van Moskou, of Moskowië – dit het mettertyd die omringende Russiese prinsdomme herenig en die plek van Kiëf-Roes ingeneem. Teen die 18de eeu het die land uitgebrei tot die groot Russiese Ryk, wat gestrek het van Pole tot die Stille Oseaan. In die 20ste eeu het Rusland as die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) die kern gevorm van die Sowjetunie, wat saam met die Verenigde State van Amerika een van die wêreld se twee supermoondhede was. Toe die Sowjetunie in 1991 verbrokkel, is die Russiese Federasie gestig. Met sy oppervlakte van 17 098 242 km² is dit die grootste land ter wêreld.

Meer oor Rusland . . .

Cartella rossa.jpg

Crystal Clear action bookmark.svg
Sterartikel
Rusland

Anna Achmatowa (Russies en Oekraïns: А́нна Ахма́това; 23 Junie [O.S. 11 Junie] 1889 – 5 Maart 1966) was ’n modernistiese digter in Rusland en die Sowjetunie. Sy was een van Rusland se mees gerespekteerde skrywers. Haar werk het gewissel van kort liriese gedigte tot ingewikkeld gestruktureerde siklusse.

Lees verder...


Foto: Skildery van Achmatowa deur Olga Della-Vos-Kardovskaya, 1914.

Cartella rossa.jpg

Emblem-readnews.svg
Rusland in die nuus

2013:

  • 22 April: ’n Gewapende man trek los in ’n jagwinkel in die Russiese stad Belgorod en dood ses mense.
  • 29 Maart: Die Sojoes TMA-08M, ’n Russiese ruimtetuig met drie bemanningslede aan boord, vertrek Donderdag om 20:43 UTC van Kazachstan en kom op Vrydag om 02:28 by die Internasionale Ruimtestasie aan in ’n rekordtyd van sowat ses uur.

Cartella rossa.jpg

Coat of Arms of Dagestan.svg
85 federale deelgebiede
Rusland

Die Russiese Federasie bestaan vanaf 18 Maart 2014 uit 22 republieke, 9 krais, 46 oblaste, 1 outonome oblast, 4 outonome okroegs en 3 federale stede.

Republieke: AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-OssetiëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa. Krais: AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski. Oblaste: AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd. Outonome oblast: Joodse Outonome Oblast. Outonome okroegs: Chanto-MansiëJamaliëNenetsiëTsjoekotka. Federale stede: MoskouSewastopolSint Petersburg.

Cartella rossa.jpg

Nuvola devices camera.png
Sterfoto
Rusland

Die Moskwa-rivier omring deur 'n winterlandskap.

Meer oor die Moskwa-rivier . . .



Vir meer oor die Cyrilliese alfabet en transliterasie in Afrikaans, klik hier.

Cartella rossa.jpg

Help-browser.svg
Het jy geweet?
  • Weliki Oestjoeg is die tuiste van die Russiese Kersvader, Djed Moroz.
  • Die pragtige Katedraal van Christus die Verlosser is ná die Russiese Rewolusie deur Stalin laat sloop om plek te maak vir ’n Paleis van Sowjets. Bouwerk is onderbreek weens ’n tekort aan geld, die uitbreek van oorlog en oorstromings deur die nabygeleë Moskwa-rivier. Die terrein is later omskep in die wêreld se grootste opelugswembad.
  • Die Russiese mafia is nie net een bende nie, maar verskillende, uiteenlopende georganiseerde-misdaad-sindikate wat in die voormalige Sowjetunie ontstaan het.
  • Die slengtaal Nadsat wat Anthony Burgess in sy boek A Clockwork Orange gebruik het, was grotendeels geskoei op Russies.
  • Die eerste satelliet om die aarde, Spoetnik, se naam beteken bloot "satelliet" in Russies. Dit is saamgestel uit woorddele wat ’n woord soortgelyk aan "medereisiger" vorm.

Cartella rossa.jpg

Cquote1.svg
Aanhaling
Rusland
Cquote1.svg ’n Staatsleier moet eerder ’n kop hê.
Cquote2.svg

Wladimir Poetin se reaksie op Hillary Clinton se bewering dat hy (Poetin) nie ’n siel het nie.