Patriarg Joachim van Moskou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Patriarg Joachim

Joachim (Russies: Иоаким, Ioakim; 1620 – 17 Maart 1690) was die negende Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland. Hy was ’n teenstander van die skeuring in die Russies-Ortodokse Kerk en ’n stigter van die Slawies-Grieks-Latynse Akademie.

Hy is gebore as Iwan Petrowitsj Sawelof (Иван Петрович Савелов) en was van adellike afkoms. Nadat sy gesin in 1654 in ’n epidemie dood is, het hy ’n monnik geword.

In 1664 het Joachim die ab van die Tsjoedof-klooster in die Moskouse Kremlin geword en in 1672 aartsbiskop van Weliki Nowgorod.[1] Hy is op 26 Julie 1674 tot patriarg verkies ná die dood van patriarg Pitirim. Hoewel Joachim deelgeneem het aan die afsetting van patriarg Nikon, het hy Nikon se beleidsrigtings jeens die Ougelowiges voortgesit.

Verwysings[wysig]

  1. Pawel Tichomirof, Kafedra Nowgorodskich Swjatitelei (Nowgorod, 1895), vol. 2. (ru)

Eksterne skakels[wysig]

OrthodoxCross(black,contoured).svg    Russies-Ortodokse patriarge van Moskou en die hele Rusland
 1589 - 1721  St. JobIgnatius (nie erken deur die Russies-Ortodokse Kerk)St. HermogenesFilaretJoasaf IJosefNikonPitirim (locum tenens)Joasaf IIPitirimJoachimAdriaanStefan Jaworski (locum tenens)
 1721 - 1917  Heiligste Regerende Sinode
 1917 - hede  St. TichonPieter van Kroetitsi (locum tenens)SergiusAleksi IPimenAleksi IIKirill