Quetta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Quetta
کوئٹہ‎ (Oerdoe)
کوټه‎ (Pasjtoe)
کویته (Beloetsji)

Shalkot (کوئٹہ)
'n Uitsig oor Quetta
'n Uitsig oor Quetta
Ligging van Quetta op 'n kaart (Pakistan)
Quetta
Quetta
Koördinate: 30°12′38″N 67°01′08″O
Land Vlag van Pakistan Pakistan
Provinsie Beloetsjistan
Regering
 - Burgemeester Mir Maqbool Ahmed Lehri
Oppervlak
 - Stad 2 653 km²  (1 024 vk m)
Hoogte 1 900 m (6 230 vt)
Bevolking (2010)
 - Stad 896 090
 - Digtheid 213/km² (550/vk m)
 - Metropolitaans 2 800 000
Tydsone PST (UTC+05:00)
 - Somer (DST) PDT (UTC+06:00)
Poskode 87300
Skakelkode(s) 081

Quetta (Oerdoe: کوئٹہ‎, Pasjtoe: کوټه‎, Beloetsji: کویته), vroeër Shalkot (کوئٹہ), is 'n stad in die weste van Pakistan en is die hoofstad van die provinsie Beloetsjistan. Die stad het 'n bevolking van 896 090 in 2010 gehad en is die sesde grootste stad van die land ná Karatsji, Lahore, Faisalabad, Rawalpindi en Multan.

Quetta is geleë net suidoos van die grens tot Afghanistan. Die stad word beskou as die derde belangrikste kulturele sentrum van Pasjtoene ná Kandahar en Pesjawar. In Quetta word 'n mengsel van verskeie tale soos Pasjtoe, Beloetsji, Brahui, Sindhi, Panjabi, Oerdoe en Persies gepraat.