Ruud Gullit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ruud Gullit

Rudi Dil (Amsterdam, 1 September 1962), beter bekend as Ruud Gullit is 'n voormalige Nederlandse sokkerspeler, wat as aanvaller vir die Nederlandse nasionale sokkerspan, HFC Haarlem, Feyenoord, PSV Eindhoven, AC Milan, Sampdoria en Chelsea FC gespeel het. Hy word algemeen gesien as een van die beste sokkerspelers van alle tye. Hy het onder ander die Europees Kampioenskap (met Nederland) en twee keer die Champions League (met AC Milan) gewen. Hy is ook deur FIFA as die beste sokkerspeler ter wêreld aangewys in 1988 en 1989.

Ruud Gullit was ook 'n afrigter by Chelsea, Newcastle United, Feyenoord, LA Galaxy en Terek Grozny gewees. Slegs by Chelsea kon hy as afrigter tydens FA Cup in 1997 'n prys wen.

Klubs[wysig]

Klub Seisoen Liga Wedstryde Doelpunte
HFC Haarlem 1979-1982 Vlag van Nederland Eerste divisie en Eredivisie 91 32
Feyenoord 1982-1985 Vlag van Nederland Eredivisie 85 30
PSV Eindhoven 1985-1987 Vlag van Nederland Eredivisie 68 46
AC Milan 1987-1993 Vlag van Italië Serie A 117 35
Sampdoria 1993-1994 Vlag van Italië Serie A 31 16
AC Milan 1994-1995 Vlag van Italië Serie A 8 3
Samdoria 1994-1995 Vlag van Italië Serie A 22 9
Chelsea FC 1995-1998 Vlag van Engeland Premier League 32 4

Ruud Gullit het 66 keer vir Nederland uitgedraf, waarby hy 17 doelpunte het aangeteken.

Erelys[wysig]

  • HFC Haarlem
1x Kampioen Eerste Divisie (1980/81)
  • Feyenoord
1x Kampioen Nederland (1983/84)
1x KNVB-beker (1984)
  • PSV
2x Kampioen Nederland (1985/86, 1986/87)
  • AC Milan
3x Kampioen Italië (1987/88, 1991/92, 1992/93)
3x Italiaanse Supercup (1988, 1992, 1994)
2x Champions League (1989, 1990)
2x Europese Supercup (1989, 1990)
2x Wêreldbeker vir Klubs (1989, 1990)
  • Sampdoria
1x Copa Italia (1994)
  • Chelsea
1x FA Cup (1997)
  • Nederland
1x Europees Kampioenskap (1988)