Staatspresident van Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
FW de Klerk, die laaste Staatspresident van Suid-Afrika
CR Swart, die eerste Staatspresident van Suid-Afrika

Vanaf 1961 tot 1994 was Suid-Afrika se staatshoof bekend as die Staatspresident. Dié amp is geskep tydens republiekwording in 1961, waar Koningin Elizabeth II as staatshoof vervang en die amp van Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika ooreenkomstig afgeskaf is.

Seremoniële pos[wysig]

Die Republiek van Suid-Afrika is afgekondig op 31 Mei 1961. Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-Generaal, is beëdig as die eerste Staatspresident. Soos Paul Kruger en presidente van die Boererepublieke het die Staatspresident 'n ampserp met die Republiek se wapenskild gedra, en meestal seremoniële pligte uitgevoer. Die regerende Nasionale Party het besluit teen 'n uitvoerende presidentskap, en het pleks daarvan 'n minimalistiese benadering gevolg as 'n versoenende gebaar teenoor Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners wat teen 'n Republiek gekant was. Soos goewerneurs-Generaal voor hulle was staatspresidente afgetrede Nasionale Party-ministers, en daarom blank, Afrikaans en manlik.

Uitvoerende pos[wysig]

Na grondwetlike hervorming in 1984 word die amp van Staatspresident 'n uitvoerende pos, soos in die Verenigde State van Amerika, en die amp van Eerste Minister van Suid-Afrika word afgeskaf. P.W. Botha word die nuwe Staatspresident, tot sy uittrede in 1989, waarna hy deur Frederik Willem de Klerk vervang is wat die oorgang na meerderheidsregering in 1994 bewerkstellig het.

Einde van blanke minderheidsregering[wysig]

Onder Suid-Afrika se eerste nie-rassige Grondwet, aanvaar in 1994, staan die staatshoof (en regeringshoof) eenvoudig bekend as die president. Nelson Mandela, leier van die ANC, is beëdig as president op 11 Mei 1994.

Lys van Staatspresidente[wysig]

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]