Tom Naudé

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jozua François Naudé
Tom Naudé

Tom Naudé in 1953.


Ampstermyn
1967 – 1968
Voorafgegaan deur C.R. Swart
Opgevolg deur Jim Fouché
Ampstermyn
1956 – 1961
Eerste Minister H.F. Verwoerd

Ampstermyn
1956 – 1961

Ampstermyn
1954 – 1956

Persoonlike besonderhede
Geboorte 15 April 1889
Middelburg, Kaap
Sterfte 31 Mei 1969
Kaapstad
Politieke party Nasionale Party

Jozua François (Tom) Naudé (1889-1969) was van 1967 tot 1968 waarnemende Staatspresident van Suid-Afrika.

Naudé was baie jare 'n Nasionale Party-politikus en het van 1950 tot 1954 gedien as Minister van Pos en Telegraafwese, van 1954 tot 1956 as Minister van Gesondheid en van 1956 tot 1961 as Minister van Finansies. Hy is toe gekies as President van die Senaat, en in terme van die republikeinse grondwet sou hy ex officio as staatspresident moes dien wanneer die pos vakant was. Hy moes die rol onverwags vul toe dr. Eben Dönges, wat gekies is om C.R. Swart as staatspresident op te volg in 1967 'n beroerte gehad het wat hom in 'n koma gelaat het voor hy ingehuldig kon word. Naudé was tien maande lank waarnemende staatspresident tot Dönges gesterf en Jim Fouché in sy plek ingehuldig is.

Biografie[wysig]

Die Suid-Afrikaase kabinet in 1958. Voor: dr. Eben Dönges, Paul Sauer, dr. Hendrik Verwoerd, dr. E.G. Jansen, adv. C.R. Swart, adv. Eric Louw. Agter: J.J. Serfontein, M.D.C. de Wet, dr. A.J.R. van Rhijn, sen. Jan de Klerk, Ben Schoeman, PK le Roux, adv. F.C. Erasmus en Tom Naudé.

Jozua François Naudé is op 15 April 1889 in Middelburg in die Oos-Kaap gebore. Hy het ook op Middelburg skoolgegaan waar hulle in 'n dubbelverdieping in Van der Waltstraat gewoon het.

Hy vestig hom in 1910 as prokureur op Pietersburg. Sy protes teen Suid-Afrika se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog lei daartoe dat hy vir drie maande in die Booysens Interneringskamp moes deurbring.

Van 1915 tot 1920 was hy stadsraadslid. Hy word daarna op 30-jarige ouderdom verkies tot Volksraadslíd vir Pietersburg en verteenwoordig die kiesafdeling vir 41 jaar. In die Parlement het hy feitlik elke denkbare pos beklee. Hy was hoofsweep, minister, Speaker, President van die Senaat en met die siekte van dr Dönges, waarnemende Staatspresident.

Gedurende sy ampstermyn as Minister van Pos- en Telegraafwese en ook as oud-Middelburger is hy gevra om die hoeksteen by die bou van die nuwe stadsaal in 1951 te lê.

Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het hy saam met genl. Hertzog oor die vloer van die Volksraad na die Nasionale Party van dr. D F Malan gestap.

Na die moord op dr. Verwoerd het hy 'n spesiale gebed vir die Senaat geskryf.

Hy is op 31 Mei 1969 in Kaapstad oorlede.[1]

Eerbetoon[wysig]

By die Primêre Skool Karel Theron word die Tom Naudé-toekennings jaarliks aan die beste presteerders in St. 5 gemaak.[1]

Twee skole is ook na hom vernoem:

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 So onthou ons hulle, Middelburg pays homage, Willie Pretorius (voorsitter), 13 September 1991


Voorafgegaan deur:
C.R. Swart
Staatspresident van Suid-Afrika
1967–1968
Opgevolg deur:
Jim Fouché
Presidente van Suid-Afrika
 1961-1994  seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk
Flag of South Africa 1928-1994.svg
 1994–  Nelson Mandela | Thabo Mbeki | Kgalema Motlanthe | Jacob Zuma
Flag of South Africa.svg