Eerste Minister van Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Genl. Jan Smuts, eerste minister van 1919 - 1924 en 1939 - 1948.
Adv. J.G. Strijdom, eerste minister van 1954 - 1958.

Die Eerste Minister was die regeringshoof van Suid-Afrika van 1910 tot 1984. Suid-Afrika het in daardie tydperk die Britse grondwetlike model gevolg, waar die staatshoof (Die Goewerneur-Generaal van Suid-Afrika tot 1961 en die Staatspresident van Suid-Afrika daarna) seremonieel en bo die partypolitiek verhewe was, terwyl die regeringshoof 'n politieke leier was. Die eerste minister is deur die staatshoof aangestel, maar in die praktyk was hy altyd die hoof van die politieke party of koalisie met die meerderheid van die setels in die parlement. Die ampte van staatshoof en regeringshoof is in 1984 saamgesnoer en die amp van Eerste Minister afgeskaf nadat 'n nuwe grondwet aangeneem is en die drie-kamer parlement ingevoer is.

Lys van Eerste Ministers van Suid-Afrika[wysig]

Ampstermyn Eerste Minister Party
1910-1919 Generaal Louis Botha (1862-1919) Suid-Afrikaanse Party
1919-1924 Luitenant-Generaal Jan Christian Smuts (1870-1950) Suid-Afrikaanse Party
1924-1939 Generaal Barry Hertzog (1866-1942) Nasionale Party, later Verenigde Party
1939-1948 Veldmaarskalk Jan Christian Smuts (1870-1950) Verenigde Party
1948-1954 Daniël Francois Malan (1874-1959) Nasionale Party
1954 (tydelik) Nicolaas Havenga (1882-1957) Nasionale Party
1954-1958 Johannes 'Hans' Strijdom (1893-1958) Nasionale Party
1958-1966 Hendrik Verwoerd (1901-1966) Nasionale Party
1966 (tydelik) Eben Dönges (1898-1968) Nasionale Party
1966-1978 John Vorster (1915-1983) Nasionale Party
1978-1984 Pieter 'PW' Botha (1916-2006) Nasionale Party


PW Botha het in 1984 die eerste uitvoerende staatspresident geword.

Sien ook[wysig]