Stad Manchester-stadion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stad Manchester-stadion
Etihadstadion
Mcfc stad pano.jpg
UEFA Kategorie 4 Stadion[1]
Ligging Manchester, Engeland
Koördinate 54°58′32″N 1°37′18″W Koördinate: 54°58′32″N 1°37′18″W
Gebou 1997
Geopen 25 Julie 2002 (as atletiekstadion)
10 Augustus 2003 (as sokkerstadion)
Uitgebrei 2002-2003
Eienaar Manchesterse Stadsraad
Operateur Manchester City F.C.
Oppervlak Desso GrassMaster
Boukoste £112 miljoen (atletiekstadion)[2]
£22 miljoen (omskakeling na sokker)[2]
£20 miljoen (uitrusting van sokkerstadion)[2]
Argitek Arup Sport (stadionontwerp)
KSS Ontwerpgroep (binnenshuis)
Populous (uitbreiding)
Struktuuringenieur Arup Associates
Hoofkontrakteurs Laing Construction Ltd.
Laing O’Rourke
Watson Steel Ltd.
Tuisveld van Manchester City F.C.
Kapasiteit
41 000 – 2002 Gemenebesspele
47 805 – Plaaslike sokker[3]
45 500 – UEFA-gereguleerde sokker[4]
60 000 – musiekkonserte
Dimensies
105 m x 68 m

Stad Manchester-stadion (ook bekend as die Etihadstadion weens borgskapredes[5]) is ’n stadion in Manchester in Engeland. Dit is die tuisveld van Manchester City F.C., die vyvde grootste stadion in die Premier League en die twaalfde grootste stadion in die Verenigde Koninkryk met sitplek vir 47 805 mense.[3][6]

Die ligging van SportCity maar met ’n groter stadion is voorgestel as die primêre atletiestadion in Manchester se mislukte Olimpiese bod vir die Olimpiese Somerspele 2000.[7] In die bod om die Gemenebesspele 2002 sou die kapasiteit van die stadion 38 000 wees en na die spele sou dit omgeskakel word na 48 000. Die stadion is gebou deur Laing Construction teen ’n onkoste van £112 miljoen[2][8] na ’n ontwerp deur Arup Associates, ’n argitektuurkonsultasiegroep.[9]

Om die langtermyntoekoms van die stadion na die Gemenebesspele te verseker is ooreengekom dat Manchester City F.C. die stadion by die Manchesterse Stadsraad sou huur as ’n plaasvervanger vir Maine Road. Die omskakeling van ’n atletiekstadion na ’n sokkerstadion het die stadsraad £22 miljoen en vir Manchester City £20 miljoen gekos.[2][8] Die klub het in 2003 na die nuwe stadion verhuis.

Buiten atletiek het die stadion gasheer gespeel vir die UEFA-beker eindstryd in 2008, internasionale sokkerwedstryde van Engeland, ligarugbywedstryde, bokstitelgevegte, musiekkonserte[10] en een internasionale rugbywedstryd van die Rugbywêreldbeker 2015.[11]

Vanaf Januarie 2014 word die stadion oor 20 maande vergroot tot 62 170 sitplekke.[12] Die uitbreiding loop saam met die ontwikkeling en voltooiing van die Etihadkampus Opleidingsfasiliteit wat gedeeltelik deur Manchester City befonds word.[13]

Verwysings[wysig]

  1. (en) http://www.uefa.com/MultimediaFiles/Download/Regulations/uefaorg/Stadium&Security/01/48/48/85/1484885_DOWNLOAD.pdf
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 (en) Conn, David, "Manchester City betaal stadsraad £2 miljoen per jaar vir naamregte", The Guardian, Guardian News and Media, 4 Oktober 2011. URL besoek op 12 November 2011.
  3. 3,0 3,1 (en) White, Duncan, "Manchester City beplan groter stadion", The Telegraph, Telegraph Media Group Limited, 22 Oktober 2011. URL besoek op 29 November 2011.
  4. (en) Smith, Rory, "Kampioeneliga: Manchester City se Roberto Mancini vra versigtigheid voor groot wedstryd teen Napoli", 13 September 2011. URL besoek op 10 Junie 2012.
  5. (en) "Manchester City teken kontrak om Eastlands te hernoem", BBC Sport, 8 Julie 2011. URL besoek op 13 November 2011.
  6. (en) Clayton, David (24 Junie 2011). “Dublin Super Cup: Aviva Stadium v CoMS”. mcfc.co.uk. (Manchester City Football Club). URL besoek op 4 Julie 2011.
  7. (en) "Manchester ‘kan IOK dagvaar’", BBC News, 25 Januarie 1999. URL besoek op 11 November 2011.
  8. 8,0 8,1 (en) "Manchester model dui aan hoe West Ham ingeburgerde huurders kan wees", London Evening Standard, ES London Limited, 11 Oktober 2011. URL besoek op 12 November 2011.
  9. (en) (Januarie 2003) “Ontwerp van die Stad Manchester-stadion” (PDF). The Arup Journal. Besoek op 20 November 2011.
  10. (en) "Man City stadion UEFA-eindstryd toegeken", BBC Sport, 4 Oktober 2006. URL besoek op 30 Julie 2010.
  11. (en) "RWB2015 Amptelike Wedstrydskedule", Rugbywêreldbeker, 2 Mei 2013. URL besoek op 2 Mei 2013.
  12. (en) Manchester City soek uitbreiding na 61 000 sitplekke”. BBC News. 11 Oktober 2013. URL besoek op 29 Desember 2013.
  13. (en) Etihad-kampus”. mcfc.co.uk. URL besoek op 29 Desember 2013.