Steve Jobs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Foto van Steve Jobs.

Steven Paul Jobs (24 Februarie 1955 - 5 Oktober 2011) was 'n Amerikaanse sakeman en medestigter en hoof uitvoerende beampte (HUB) van Apple Inc. Jobs was voorheen ook die HUB van Pixar Animation Studios.

In die laat 1970's het Jobs saam met Apple-medestigter Steve Wozniak die eerste kommersieel suksesvolle persoonlike rekenaars geskep. In die vroeë 1980's was Jobs onder die eerstes wat die kommersiële potensiaal van die muis-gedrewe grafiese gebruikerkoppelvlak raakgesien het.[1] Nadat Jobs in 1985 'n beheerstryd met die raad van direkteure verloor het, het hy by Apple bedank en NeXT, 'n rekenaarplatform-ontwikkelingsmaatskappy gerig op die hoëronderwys- en besigheidsmarkte, gestig. NeXT se daaropvolgende oorname deur Apple Computer Inc. in 1997 het Jobs terug na die maatskappy gebring wat hy gehelp stig het, en hy het sedertdien as HUB daarvan opgetree. In 2007 is Steve Jobs as Fortune Magazine se Magtigste Sakeman vir daardie jaar aangewys.[2] In 2009 is Jobs deur Forbes as die 57ste magtigste persoon ter wêreld aangewys.[3]

In 1986 het Jobs die rekenaargrafika-afdeling van Lucasfilm Bpk. verkry, wat as Pixar Animation Studios afgestig is.[4] Hy het HUB en hoofaandeelhouer gebly totdat dit in 2006 deur Walt Disney Company verkry is.[5] Jobs was tot met sy dood nog lid van Walt Disney Company se raad van direkteure.[6][7]

Op 24 Augustus 2011 het Jobs sy bedanking by Apple aangekondig. Bietjie meer as 'n maand later op 5 Oktober 2011 het sy familie sy dood aangekondig.[8]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Steve Jobs (kategorie)
  1. Kahney, Leander, "Wired News: We're All Mac Users Now", Wired News, 2004-01-06. URL besoek op 2006-09-20.
  2. Apple's Jobs is most powerful businessman-Fortune”. Fortune Magazine. 2007-11-27. URL besoek op 2007-11-28.
  3. Noer, Michael. “The World's Most Powerful People”. forbes.com.
  4. Pixar History - 1986”. Pixar. URL besoek op 2008-04-25.
  5. Apple — Press Info — Bios — Steve Jobs”. Apple Inc.. Mei 2006. URL besoek op 2006-09-20.
  6. 2006-01-25 Disney buys Pixar for $7.4 bn, rediff.com
  7. The Walt Disney Company — Steve Jobs Biography”.
  8. Remembering Steve Jobs”. Apple Inc.: 5 Oktober 2011. URL besoek op 5 Oktober 2011.