Tamatie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tamatie
Deursnit en profiel van 'n tamatie wat in 'n kweekhuis geproduseer is.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Angiosperms
Klas: Eudicots
Orde: Solanales
Familie: Solanaceae
Genus: Solanum
Spesie: S. lycopersicum
Binomiale naam
Solanum lycopersicum
L.
Tamaties aan die plant
Rooi tamatie, rou
Voedingswaarde per 100 g
Energie 20 kcal   70 kJ
Koolhidrate     3.9 g
- Suikers  2.6 g
- Dieetvesel  1.2 g  
Vette 0.2 g
Proteien 0.9 g
Water 94.5 g
Vitamien A gelyk.  42 μg  5%
- β-karoteen  449 μg  4%
Tiamien (Vit. B1)  0.037 mg   3%
Niasien (Vit. B3)  0.594 mg   4%
Vitamien B6  0.08 mg 6%
Vitamien C  14 mg 23%
Vitamien E  0.54 mg 4%
Vitamien K  7.9 μg 8%
Magnesium  11 mg 3% 
Fosfor  24 mg 3%
Kalium  237 mg   5%
Likopeen 2573 µg
Skakel na USDA Databasis-inskrywing
Persentasies is relatief tot VS
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

Die woord tamatie kan na die plant (Solanum lycopersicum) verwys, of na die eetbare, gewoonlik pragtige rooi vrug wat dit dra. Die tamatie is oor die wêreld heen versprei gedurende die Spaanse kolonialisering van die Suid-Amerikas, waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit word nou baie algemeen verbou, insluitend kweekhuise of plastiektonnels in koeler wêrelddele.

Tamaties word op verskeie maniere verbruik, byvoorbeeld rou, gebraai of gekook as bestanddeel van baie geregte en souse, en ook in drankies. Plantkundig word die tamatie as 'n vrug beskryf, maar vir kookdoeleindes word dit as 'n groentesoort beskou. Dit mag verwarring veroorsaak, soos in 'n hooggeregshofgeding al ondervind is in die VSA.[1]

Die vrug is ryk aan likopeen, wat positiewe gesondheidseienskappe kan bevorder. Die tamatie behoort tot die nagskadu-familie. Die plante groei gewoonlik een tot drie meter (3 tot 10 vt) hoog en beskik oor 'n slap stam wat in die algemeen oor die grond kruip of oor ander plante rank. In sy natuurlike habitat is die tamatie 'n meerjarige plant, maar binnenshuis kan dit as 'n eenjarige gekweek word.

Daar is heelwat natuurlike vyande vir tamaties bv. insekte, en roes, 'n soort swam wat gedy wanneer die tamaties te klam bly.

Wêreldwye produksie en uitvoer[wysig]

Die wêreldwye produksie van tamaties (beide vars en verwerk) bereik 161.8 miljoen ton in 2012. 'n Groot aandeel in die verhoogde produksie kan toegeskryf word aan verbeterde produksiemetodes in die lande in Asië, 'n gebied wat meer as 60% van die wêreld se tamaties geproduseer het in 2012.

Top tamatieproduserende lande (2012)[wysig]

Volgens FAOSTAT was die top produsente van tamaties in 2012:[2]

Land Metrieke ton
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 50,000,000
Vlag van Indië Indië 17,500,000
Vlag van Verenigde State VSA 13,206,950
Vlag van Turkye Turkye 11,350,000
Vlag van Egipte Egipte 8,625,219
Vlag van Iran Iran 6,000,000
Vlag van Italië Italië 5,131,977
Vlag van Spanje Spanje 4,007,000
Vlag van Brasilië Brasilië 3,873,985
Vlag van Meksiko Meksiko 3,433,567
(Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika   564,740)

Verwysings[wysig]

  1. Full text of the opinion in Nix v. Hedden courtesy of Findlaw.com.
  2. Production of Tomatoes by country”. Food and Agriculture Organization: 2012. URL besoek op 30 Junie 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.