Vuur-dikkop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vuur-dikkop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Microdesmidae
Genus: Nemateleotris
Spesie: N. magnifica
Binomiale naam
Nemateleotris magnifica
Fowler, 1938

Die Vuur-dikkop (Nemateleotris magnifica) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Fire goby.

Voorkoms[wysig]

Die vis het 'n ronde kop terwyl die kop en voorste helfte van die lyf wit is. Die agterste helfte van die lyf en dorsale en anale vinne is oranje-rooi. Die voorste dorsale vin het 'n lang straal en die bekken vinne is skraal. Daar is twee pers lyne wat deur die anale en dorsale vinne gaan. Daar is ook 'n streep deur die stervin se lobbe. Die vis word 9 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef naby die bodem in koraal riwwe in water wat tot 60 m diep is. Die volwasse visse leef in pare en die onvolwasse visse leef in skole saam. Die vis vreet soöplankton. Die vis is volop by Sodwanabaai en is 'n gewilde akwarium vis; dit moet in 'n groot tenk aangehou word en moet 'n maat hê.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]