Wes-Vlaandere

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die vlag van Wes-Vlaandere
Ligging van die provinsie Wes-Vlaandere
Die wapen van Wes-Vlaandere

Wes-Vlaandere (Nederlands: West-Vlaanderen, Frans: Flandre-Occidentale, Duits: Westflandern, Wes-Vlaams: West-Vloandern) is 'n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie tel sowat 1 159 000 inwoners (2010), het 'n oppervlakte van 3 144 km² en 'n bevolkingsdigtheid van 369 inwoners per km². Die hoofstad is Brugge.

Wes-Vlaandere lê in die uiterste noordweste van België en grens in die noorde aan die Nederlandse provinsie Zeeland, in die noordweste aan die Noordsee en in die suidweste (en 'n stukkie in die suide) aan die Franse gewes Nord-Pas-de-Calais. In Wes-Vlaandere word Nederlands en Wes-Vlaams gepraat.

In die uiterste suidweste lê die Wes-Vlaamse Heuwelland. Deur die provinsie vloei die IJzer- en Leieriviere. Die hoogste punt is die Kemmelberg (156 m) in die munisipaliteit Heuvelland in die Wes-Vlaamse Heuwelland.

Administratiewe arrondissemente[wysig]

Wes-Vlaandere is in administratiewe opsig in agt arrondissemente verdeel:

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Wes-Vlaandere (kategorie)


Provinsies, geweste en gemeenskappe van België Flag of Belgium.svg

Flag Belgium brussels.svg Brusselse Hoofstedelike Gewes
Flag of Flanders.svg Vlaamse Gewes: Antwerpen | Limburg | Oos-Vlaandere | Vlaams-Brabant | Wes-Vlaandere
Flag of Wallonia.svg Waalse Gewes: Brabant wallon (Waals-Brabant) | Hainaut (Henegouwen) | Liège/Lüttich (Luik) | Luxembourg (Luxemburg) | Namur (Namen)
Flag of Flanders.svg Vlaamse Gemeenskap | Flag of Wallonia.svg Franse Gemeenskap | Flag of the German Community in Belgium.svg Duitstalige Gemeenskap