Brusselse Hoofstedelike Gewes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Brusselse Hoofstedelike Gewes
(Brussels Hoofdstedelijk Gewest /
Région de Bruxelles-Capitale)
Flag Belgium brussels.svg
Algemene inligting
Land: Flag of Belgium.png België
Amptelike tale: Nederlands, Frans
Hoofstad: Brussel / Bruxelles
Oppervlakte: 161,38 km²
ISO 3166-2: BE-BRU
Amptelike webwerf: Webwerf van die Brusselse
Hoofstedelike Gewes
Bevolking
Bevolking (totaal): 1 104 346 (1 Januarie 2010)
Bevolkingsdigtheid: 6 843/km²
Instellings
Federasie: 1993
Regeringsvorm: Parlementêre demokrasie
Eerste Minister: Charles Picqué
Volkslied: /
Ligging
Brussels-Capital Region in Belgium and Europe.svg
Vlaamse Gewes
Waalse Gewes
Brusselse Hoofstedelike Gewes
Vlaamse Gemeenskap
Franse Gemeenskap
Duitstalige Gemeenskap

Die Brusselse Hoofstedelike Gewes of die Gewes Brussel-Hoofstad (Nederlands: Brussels Hoofdstedelijk Gewest, Frans: Région de Bruxelles-Capitale, Duits: Region Brüssel-Hauptstadt) is een van die drie Belgiese geweste. Die gewes het sowat 1 104 000 inwoners (2010) en 'n oppervlakte van 161 km². Die hoofstad is Brussel. Die amptelike tale is Frans en Nederlands. Die gewes het nie provinsies nie en word omgewe deur die provinsie Vlaams-Brabant van die Vlaamse Gewes.

In die suidooste van die Brusselse Hoofstedelike Gewes lê die Zoniënwoud (Frans: Forêt de Soignes), 'n uitgestrekte en oue bos.[1]

Politiek[wysig]

Parlement van die Brusselse Hoofstedelike Gewes[wysig]

Die Brusselse Parlement fungeer as die wetgewende liggaam van die Hoofstedelike Gewes. Ten opsigte van bevoegdhede wat onder onder die Gewes se bevoegdhede val, berei afgevaardigdes wette voor, en debatteer en stem daaroor. Die Brusselse parlement keur die gewestelike begroting goed en oefen die beheer oor die regering van die Hoofstedelike Gewes uit. So kan 'n mosie van wantroue teen ministers en staatssekretarisse ingestel word.

Die parlement het 89 lede wat in 'n algemene verkiesing vir 'n ampstermyn van vyf jaar deur alle Belgiese volwassenes gekies word wat in een van die miunisipaliteite van die Brusselse Hoofstedelike Gewes woonagtig is. Die afgevaardigdes is volgens taal in twee groepe verdeel en word volgens proporsionele kandidatelyste verkies: 72 afgevaardigdes deur Franssprekende en 17 deur Nederlandssprekende kiesers.

Die lede van die regering word net soos die staatssekretarisse deur die parlement verkies. Hulle moet self afgevaardigdes wees en word ná hul verkiesing deur hul opvolgers op die kandidatelys as afgevaardigdes vervang.

Bevoegdhede[wysig]

Net soos die Vlaamse en Waalse Geweste het die Brusselse Hoofstedelike Gewes bevoegdhede ten opsigte van

  • stedelike ontwikkeling (stadsbeplanning, stedelike vernuwing, eiendomsbeleid, beskerming van monumente) en behuising,
  • omgewingsake, water en natuurbewaring,
  • ekonomie (ekonomiese ontwikkeling en uitbreiding, buitelandse handel) en arbeidswetgewing,
  • energiebeleid
  • vervoer,
  • openbare dienste,
  • plaaslike bestuur (munisipaliteite, munisipale verenigings, godsdienste),
  • buitelandse betrekkinge en
  • wetenskaplike navorsing.

Die Franse en Nederlandse Gemeenskappe se kommissies oefen bevoegdhede ten opsigte van kultuur, onderwys, sport en sosiale uitkerings op die gebied van die Brusselse Hoofstedelike Gewes uit.

Administratiewe arrondissement[wysig]

Die Brusselse Hoofstedelike Gewes het slegs een administratiewe arrondissement:

Munisipaliteite[wysig]

Die Brusselse Hoofstedelike Gewes bestaan uit negentien munisipaliteite:

Brussels Hoofdstedelijk GewestGemeenten.png
Nr. Nederlandse naam Franse naam
1 Anderlecht Anderlecht
2 Brussel Bruxelles
3 Elsene Ixelles
4 Etterbeek Etterbeek
5 Evere Evere
6 Ganshoren Ganshoren
7 Jette Jette
8 Koekelberg Koekelberg
9 Oudergem Auderghem
10 Schaarbeek Schaerbeek
11 Sint-Agatha-Berchem Berchem-Sainte-Agathe
12 Sint-Gillis Saint-Gilles
13 Sint-Jans-Molenbeek Molenbeek-Saint-Jean
14 Sint-Joost-ten-Node Saint-Josse-ten-Noode
15 Sint-Lambrechts-Woluwe Woluwe-Saint-Lambert
16 Sint-Pieters-Woluwe Woluwe-Saint-Pierre
17 Ukkel Uccle
18 Vorst Forest
19 Watermaal-Bosvoorde Watermael-Boitsfort

Verwysings[wysig]

  1. Die Zoniënwoud lê gedeeltelik ook in Vlaams-Brabant en Waals-Brabant.

Eksterne skakels[wysig]


Provinsies, geweste en gemeenskappe van België Flag of Belgium.svg

Flag Belgium brussels.svg Brusselse Hoofstedelike Gewes
Flag of Flanders.svg Vlaamse Gewes: Antwerpen | Limburg | Oos-Vlaandere | Vlaams-Brabant | Wes-Vlaandere
Flag of Wallonia.svg Waalse Gewes: Brabant wallon (Waals-Brabant) | Hainaut (Henegouwen) | Liège/Lüttich (Luik) | Luxembourg (Luxemburg) | Namur (Namen)
Flag of Flanders.svg Vlaamse Gemeenskap | Flag of Wallonia.svg Franse Gemeenskap | Flag of the German Community in Belgium.svg Duitstalige Gemeenskap