Dwerggans
Dwerggans | |
---|---|
Broeipaar te Leeupan in die suidelike Krugerwildtuin en 'n mannetjie in vlug | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | N. auritus
|
Binomiale naam | |
Nettapus auritus (Boddaert, 1783)
| |
Nettapus-verspreiding
Dwerggans (N. auritus) Kapokdwerggans (Asiatiese ras) Kapokdwerggans (Australiese ras) Sebradwerggans (N. pulchellus) |
Die Dwerggans (Nettapus auritus) is 'n gelokaliseerde, algemene eendvoël. Dit is 'n standvoël in die subtropiese en tropiese laagliggende gebiede van Sub-Sahara Afrika en Madagaskar. Hul habitat is tipies panne of vloedvlaktes met drywende akwatiese plantegroei.
Identifikasie
Dit is 'n baie klein soort eend, maar met pragtige opvallende kleure. Die eend is 30–33 cm lank en weeg 230 tot 320 gram. Oranje-kleurige lyf, wit bors, wit gesig met donker groen rug. Hulle verkies om in die water te bly, waarmee hul kleur mooi saamsmelt.
Habitat
Varswater areas met drywende waterplante. Hulle verkies stil riviertakke en vleie met baie waterplante en word altyd in pare of klein swerms aangetref.
Broeigewoontes
Hulle maak nes in 'n gat in 'n boom of krans, gewoonlik naby water. Dwerggansneste word uiters selde gesien.
Verspreiding
Noordooste van Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek. Hulle hou van tropiese streke, maar word ook waargeneem in droër gebiede.
Geluid
'n Swei-swei geluid.
Ander name
- Duits: Afrikanische zwerggans
- Engels: African pygmy goose
- Frans: Anserelle naine
- Kwangali: Kamugcara
- Nederlands: Afrikaanse dwerggans
- Portugees: Pato-orelhudo
Galery
-
Broeipaar in die Moremiwildtuin van noordelike Botswana (wyfie links)
-
Mannetjie te Muirhead-damme in noordelike Limpopo
-
Mannetjie in die Noord-Carolinadieretuin
-
Wyfie in die Noord-Carolinadieretuin
Sien ook
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3