Gaan na inhoud

Aardroos-suikerbos (Protea acaulos)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Aardroos-suikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. acaulos
Binomiale naam
Protea acaulos
(L.) Reichard, 1779
Sinonieme
  • Erodendrum glaucophyllum Knight
  • Erodendrum limoniifolium Knight
  • Leucadendron acaulon L.
  • Protea acaulis Thunb.
  • Protea angustata Drège ex Meisn.
  • Protea arenaria H.Buek ex Meisn.
  • Protea glaucophylla J.Lee & J.Kenn. ex Salisb.
  • Protea nana Lam.
  • Scolymocephalus acaulos (L.) Kuntze

Die Aardroos-suikerbos (Protea acaulos) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom op die Kaapse Skiereiland en vlakte voor, asook vanaf die Sederberg tot by die Riviersonderendberge en die Elim-vlakte by Agulhas waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die plant is plat en word 1 m in deursnee en blom van Junie tot November.

Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0-1500 m.

In Engels staan dit as die Common Ground Sugarbush bekend.

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]