Addis Abeba Bole Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Addis Abeba Bole
Internasionale Lughawe

አዲስ አበባ ቦሌ ዓለም አቀፍ አውሮፕላን ማረፊያ
Bole international airport.jpg
IATA: ADDICAO: HAAB
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Operateur Ethiopian Airports Enterprise
Bedien Addis Abeba, Ethiopië
Ligging Bole, Addis Abeba
Spil vir Ethiopian Airlines
Hoogte bo seevlak 2 334 m / 7 656 vt
Webtuiste Addis Abeba Bole Internasionale Lughawe
Landkaart
ADD is geleë in Ethiopië
ADD
Ligging van die lughawe in Ethiopië
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
07R/25L 4 725 15 502 Teer
07L/25R 4 604 15 301 Teer
Statistieke (2009)
Passasiers 3 497 847
Lugbewegings 1 420 997
Terminaal 2 se binneruim
Uitkyk oor die lughawe-operasie

Die Addis Abeba Bole Internasionale Lughawe (IATA-kode: ADD, ICAO: HAAB) bedien die stad van Addis Abeba, die hoofstad van Ethiopië. Dit is geleë in die Bole-gebied, 6 km (3.7 myl) suidoos van die middestad en 65 km (40 myl) noord van Debre Zeyit. Voorheen het dit bekend gestaan as die Haile Selassie I Internasionale Lughawe.[1]

Dit is die belangrikste sentrum van Ethiopian Airlines, die nasionale lugredery wat bestemmings in Ethiopië, die hele vasteland van Afrika bedien, asook ononderbroke diens lewer aan Asië, Europa, Noord-Amerika en Suid-Amerika. Dit is ook die basis van die Ethiopiese Lugdiensakademie.[2] Teen Julie 2013 vertrek en arriveer meer as 150 vlugte per dag by die lughawe.[3]

Die lughawe is ook in staat om die reuse Airbus A380-800 te huisves.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Underwood, John (12 April 1965). "The Number Two Lion in the Land of Sheba". Sports Illustrated. Besoek op 21 Julie 2013. (en)
  2. "Ethiopian – Aviation Academy". Ethiopian Airlines. Besoek op 20 Julie 2013.  (en)
  3. (ADD) Bole-lughawe se aankomste & vertrekke, FlightStats, 31 Julie 2013
  4. "Ethiopia: Airbus Superjumbo A380 lands in Ethiopia". nazret.com. 17 Oktober 2006. Besoek op 20 Julie 2013.  (en)


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.