Akira Kurosawa
Akira Kurosawa 黒澤 明 | |
Akira Kurosawa in 1953 op die stel van Seven Samurai.
| |
Geboorte | Tokio, Japan | 23 Maart 1910
---|---|
Sterfte | 6 September 1998 (op 88) Tokio, Japan |
Beroep(e) | Rolprentregisseur, -vervaardiger en -draaiboekskrywer |
Aktiewe jare | 1936–1993 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Akira Kurosawa (Japannees: 黒澤 明, 23 Maart 1910 – 6 September 1998) was ’n Japannese rolprentregisseur, -vervaardiger en -draaiboekskrywer. Hy word beskou as een van die belangrikste en invloedrykste rolprentmakers in die geskiedenis van die rolprentwese; hy het 30 rolprente geregisseer in sy loopbaan van 57 jaar.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Kurosawa het in 1936 in die rolprentbedryf betrokke geraak ná ’n kort loopbaan as skilder. Nadat hy jare lank as mede-regisseur en draaiboekskrywer gewerk het, het hy sy debuut as regisseur in 1943 tydens die Tweede Wêreldoorlog gemaak met die gewilde aksieprent Sanshiro Sugata (ook bekend as Judo Saga). Ná die oorlog het Drunken Angel (1948) hom ’n gerekende regisseur in Japan gemaak. Een van die hoofspelers was die toe onbekende akteur Toshiro Mifune. Die twee mans het later nog 15 prente saam gemaak. Sy vrou, Yōko Yaguchi, het ook in een van sy prente gespeel.
Rashomon, waarvan die première in Augustus 1950 in Tokio was, weer met Mifune in, het op 10 September 1951 in ’n verrassende wending die Goue Leeu op die Venesiese Rolprentfees gewen en is daarna in Europa en Noord-Amerika uitgereik. Die sukses van die prent het gemaak dat die Weste vir die eerste keer kennis geneem het van Japannese rolprente, en dit het weer gelei tot die erkenning van ander Japannese rolprentmakers. Regdeur die 1950's en vroeë 1960's het Kurosawa sowat een prent per jaar geregisseer, onder meer ’n paar wat goed ontvang is soos Ikiru (1952), Seven Samurai (1954) en Yojimbo (1961). Ná die middel 1960's het hy baie minder produktief geraak, maar sy latere werk het sy laaste twee epiese prente ingesluit: Kagemusha (1980) en Ran (1985). Hy het nog pryse gewen, onder meer die Palme d'Or vir Kagemusha – meer dikwels oorsee as in Japan.
In 1990 het hy die Oscar ontvang vir sy lewensbydrae tot die rolprentbedryf.[1][2]
Hy is ná sy dood deur die tydskrif AsianWeek en CNN aangewys as "Asiër van die Eeu" in die kategorie Kuns, Letterkunde en Kultuur. Hy is genoem "een van die (vyf) mense wat in die afgelope 100 jaar die meeste bygedra het tot die verbetering van Asië".[3]
Filmografie
[wysig | wysig bron]Van Kurosawa se werk sluit in:
As regisseur
[wysig | wysig bron]Jaar | Engelse titel | Japannees | Transliterasie |
---|---|---|---|
1943 | Sanshiro Sugata (Judo Saga) | 姿三四郎 | Soegata Sansjiro |
1944 | The Most Beautiful | 一番美しく | Itsjiban oetsoekoesjikoe |
1945 | Sanshiro Sugata Part II (Judo Saga 2) | 續姿三四郎 | Zokoe Soegata Sansjiro |
The Men Who Tread on the Tiger's Tail | 虎の尾を踏む男達 | Tora no o wo foemoe otokotatsji | |
1946 | No Regrets for Our Youth | わが青春に悔なし | Waga seisjoen ni koeinasji |
1947 | One Wonderful Sunday | 素晴らしき日曜日 | Soebarasjiki nitsjijobi |
1948 | Drunken Angel | 酔いどれ天使 | Joidore tensji |
1949 | The Quiet Duel | 静かなる決闘 | Sjizoekanaroe ketto |
Stray Dog | 野良犬 | Nora inoe | |
1950 | Scandal | 醜聞 | Soekjandaroe (Sjoeboen) |
Rashomon | 羅生門 | Rasjomon | |
1951 | The Idiot | 白痴 | Hakoetsji |
1952 | Ikiru (To Live) | 生きる | Ikiroe |
1954 | Seven Samurai | 七人の侍 | Sjitsjinin no samoerai |
1955 | I Live in Fear (Record of a Living Being) | 生きものの記録 | Ikimono no kirokoe |
1957 | Throne of Blood (Spider Web Castle) | 蜘蛛巣城 | Koemonosoe-jo |
The Lower Depths | どん底 | Donzoko | |
1958 | The Hidden Fortress | 隠し砦の三悪人 | Kakoesji toride no san akoenin |
1960 | The Bad Sleep Well | 悪い奴ほどよく眠る | Waroei jatsoe hodo jokoe nemoeroe |
1961 | Yojimbo (The Bodyguard) | 用心棒 | Jodjinbo |
1962 | Sanjurō | 椿三十郎 | Tsoebaki Sandjoero |
1963 | High and Low (Heaven and Hell) | 天国と地獄 | Tengokoe to djigokoe |
1965 | Red Beard | 赤ひげ | Akahige |
1970 | Dodesukaden | どですかでん | Dodesoekaden |
1975 | Dersu Uzala | デルス・ウザーラ | Deroesoe Oezara |
1980 | Kagemusha (The Shadow Warrior) | 影武者 | Kagemoesja |
1985 | Ran | 乱 | Ran |
1990 | Dreams (Akira Kurosawa's Dreams) | 夢 | Joeme |
1991 | Rhapsody in August | 八月の狂詩曲 | Hatsjigatsoe no rapoesodi (Hatsjigatsoe no kjosjikjokoe) |
1993 | Madadayo (Not Yet) | まあだだよ | Madadajo |
As vervaardiger
[wysig | wysig bron]Vir die volgende prente wat Kurosawa geregisseer het, het hy ook kresiet as vervaardiger ontvang:
- Stray Dog (assistent-vervaardiger)
- Throne of Blood (mede-vervaardiger)
- The Lower Depths (vervaardiger)
- The Hidden Fortress (mede-vervaardiger)
- The Bad Sleep Well (mede-vervaardiger)
- Yojimbo (mede-vervaardiger)
- Sanjuro (mede-vervaardiger)
- High and Low (mede-vervaardiger)
- Red Beard (mede-vervaardiger)
- Dodesukaden (uitvoerende vervaardiger en vervaardiger)
- Kagemusha (vervaardiger)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Academy Award Acceptance Speech Database". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2010. Besoek op 13 Junie 2010.
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - ↑ "Akira Kurosawa Tribute with George Lucas, Steven Spielberg" (in Engels). 19 November 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 28 Junie 2010.
- ↑ "ASIANOW – Asiaweek – Asian of the Century – Kurosawa Akira – 12/10/99". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2013. Besoek op 18 Junie 2010.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Akira Kurosawa in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Akira Kurosawa.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia