Aleksei van Rusland
Aleksei | |
---|---|
Tsaar van die hele Rusland | |
Dinastie | Romanof |
Bewind | 12 Julie 1645 - 29 Januarie 1676 |
Kroning | 28 September 1645 |
Volle naam | Aleksei Michailowitsj Romanof |
Gebore | 9 Maart 1629 |
Moskou | |
Gesterf | 29 Januarie 1676 |
Moskou | |
Voorganger | Michail |
Opvolger | Fjodor III |
Gade | Maria Iljitsjna Miloslafskaja Natalia Kirillowna Narisjkina |
Kinders | O.a. Sofia Fjodor III Iwan V Pieter die Grote |
Vader | Michail |
Moeder | Ewdoksia Stresjnewa |
Aleksei (die Stilste)[1] Michailowitsj (Russies: Алексей Михайлович) (Moskou, 19 Maart 1629 — Moskou, 8 Februarie 1676) was van 1645 tot 1676 tsaar van Rusland, tydens die mees gebeurtenisvolle dekades van die middel-17de eeu.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Hy was die seun van die eerste Romanof-tsaar van Rusland, Michail. Hy bestyg die troon op 16-jarige leeftyd ná die dood van sy pa op 12 Julie 1645.
Sy voog is die bojaar Boris Morozof, ’n slu en verstandige man wat egter baie ongewild is. Hy word beskou as ’n tipiese baatsugtige 17de-eeuse bojaar en word beskuldig van toordery en duiwelskuns. In Mei 1648 kom die inwoners van Moskou in opstand teen hom in die sogenaamde Sout-oproer en die jong tsaar is verplig om hom af te dank en na die Kirillo-Belozersk-klooster te verban.
Sy bewind
[wysig | wysig bron]Aleksei het nie ’n besonder sterk persoonlikheid gehad nie, maar hy was ’n natuurlik hoewel versigtig vooruitstrewende leier. Sy bewind is veral gekenmerk deur konflikte in die Russies-Ortodokse Kerk wat gelei het tot ’n skeuring (раскол; raskol) van 1666-67 en van ’n harde binnelandse beleid wat gelei het tot ’n groot Kosak-opstand onder aanvoering van Stepan Razin. Hy voer die kerkhervormings deur in samewerking met patriarg Nikon (1605-1681), met wie hy aan die begin van sy bewind noue bande gesmee het. In 1649 maak Aleksei lyfeienskap wetlik. Ná sy dood volg Fjodor III hom op.
Sy familie en kinders
[wysig | wysig bron]Aleksei trou in 1648 met Maria Iljitsjna Miloslafskaja (1625-1669). Hulle het 13 kinders in die 21 jaar lange huwelik: vyf seuns en agt dogters. Sy sterf enkele weke ná die geboorte van haar dertiende kind. Vier seuns (Aleksei, Fjodor, Semjon en Iwan) oorleef haar, maar twee van hulle sterf binne ses maande ná haar, onder andere Aleksei, die 16-jarige troonopvolger. Die kinders is:
- Dmitri (1648-1649)
- Ewdoksia (1650-1712)
- Marfa (1652-1707)
- Aleksei (1654-1670)
- Anna (1655-1659)
- Sofia (1657-1704)
- Katharina (1658-1718)
- Maria (1660-1723)
- Fjodor III (1661-1682)
- Feodosia (1662-1713)
- Simjon (1665-1669)
- Iwan V (1666-1696)
- Ewdoksia (1669-1669)
Hy trou weer in 1671 met Natalja Kirilowna Narisjkina (1651-1694). Uit die huwelik word drie kinders gebore:
- Pieter I (1672-1725)
- Natalie (1673-1716)
- Theodora (1674-1677)
Stamboom
[wysig | wysig bron]Nikita Romanowitsj Zacharin-Joerijef | ||||||||||||||||
Fjodor Nikititsj Romanof | ||||||||||||||||
Michail van Rusland | ||||||||||||||||
Aleksei van Rusland | ||||||||||||||||
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ answers.com Alexis Romanov
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aleksei van Rusland.