Alfred Nobel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alfred Nobel
AlfredNobel2.jpg
Alfred Nobel

Naam Alfred Bernhard Nobel
Gebore 21 Oktober 1833
Stockholm, Swede
Oorlede 10 Desember 1896 (63 jaar oud)
Sanremo, Italië
Plek van graf Norra begravningsplatsen, Stockholm
Nasionaliteit Sweeds
Vakgebied Chemie, ingenieurswese
Bekend vir Ontdekking van dinamiet, Nobelprys
Alfred Nobel Signature.svg

Alfred Bernhard Nobel (geb. 21 Oktober 1833 in Stockholm, Swede – † 10 Desember, 1896, Sanremo, Italië) was 'n Sweedse chemikus, ingenieur, uitvinder, wapenvervaardiger en die uitvinder van dinamiet. Hy was die eienaar van Bofors 'n groot wapenvervaardiger wat hy omgeskakel het vanaf 'n yster- en staalmeule. In sy testament het hy bepaal dat sy beduidende fortuin gebruik moes word om die Nobelpryse te stig. Die sintetiese element nobelium is ook na hom vernoem.

Biografie[wysig]

Nobel was die derde seun van Immanuel Nobel (1801-1872) en Ahlsell Nobel (1805-1889). Hy is op die 21ste Oktober 1833 gebore en het toe in 1842 saam met sy gesin na Sint Petersburg verhuis waar sy pa (die uitvinder van laaghout) 'n seemyn-fabriek gestig het. Alfred het daar chemie gestudeer onder leiding van Professor Nikolay Zinin. In 1859 is die bestuur van die fabriek aan die tweede seun, Ludvig Nobel (1831-1888), toevertrou wat dit baie uitgebrei het. Alfred het saam met sy pa na Swede teruggekeer na die familiebesigheid bankrot gespeel het en hom toegewy aan die studie van plofstowwe, veral die veilige vervaardiging van nitrogliserien (wat in 1847 deur Ascanio Sobrero ontdek is, een van sy medestudente by die Universiteit van Torino). Verskeie ontploffings het by die fabriek in Swede te Heleneborg wat aan die familie behoort het plaasgevind; een van die ontploffings in 1864 het tot die dood van Alfred se jonger broer Emil en verskeie ander werkers gelei.

Die grondlegging van die Nobelprys is begin in 1895 toe Alfred Nobel sy testament geskryf het en die meeste van sy besittings vir die stigting daarvan nagelaat het. Sedert 1901 het die prys mans en vrouens vereer vir hulle uitstaande bydraes tot fisika, chemie, geneeskunde, literatuur en vir vredeswerk.

Alhoewel Nobel ongetroud gebly het, het sy biograwe aangedui dat hy ten minste drie liefdesverhoudinge in sy leeftyd gehad het.