21 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
21 Oktober is die 294ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (295ste in skrikkeljare). Daar volg nog 71 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 686 – Pous Konon volg Pous Johannes V op.
- 1032 – Pous Benedictus IX volg Pous Johannes XIX op.
- 1187 – Pous Gregorius VIII volg Pous Urbanus III op.
- 1666 – Pous Alexander VII verklaar Johannes van Matha en Felix van Valois heilig.
- 1805 – Napoleontiese Oorloë: Lord Nelson lei die Britse vloot tot ’n oorwinning in die Slag van Trafalgar en verslaan Pierre-Charles Villeneuve en sy gekombineerde Frans en Spaanse vloot.
- 1854 – Florence Nightingale en 38 verpleegsters word na die Krimoorlog gestuur.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Paul Kruger vertrek met die oorlogskip Gelderland na Europa; die skip is oorspronklik deur Koningin Wilhelmina na Lourenco Marques gestuur.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: HMAS Australia word getref in die eerste kamikaze-aanval deur Japan.
- 1945 – Die Argentynse militêre offisier en politikus Juan Domingo Perón trou met die aktrise Evita.
- 1952 – Jomo Kenyatta word in hegtenis geneem ná die verklaring van ’n noodtoestand in Kenia (toe nog 'n Britse kolonie), as deel van die toeslaan op die Mau Mau-rebellebeweging.
- 1986 – Die Marshalleilande word van die Verenigde State onafhanklik.
- 1996 – Die VN berig dat meer as 200 000 Hutu-vlugtelinge na die heuwels gevlug het, om die konflik tussen die weermag van Zaïre en Tutsi-guerillas te ontsnap.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1833 – Alfred Nobel, Sweedse uitvinder (van o.m. dinamiet) en die skepper van die Nobelprys († 1896).
- 1894 – Irma Stern, Suid-Afrikaanse skilder († 1966).
- 1917 – Dizzy Gillespie, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek († 1993).
- 1924 – Joyce Randolph, Amerikaanse aktrise († 2024).
- 1929 – Jan Barnard, Springbok-maratonatleet († 2012).
- 1929 – Ursula K. Le Guin, Amerikaanse skrywer († 2018).
- 1938 – Gertjie Brynard, 'n Springbokrugbyspeler († 2018).
- 1949 – Morné du Plessis, Suid-Afrika se 36ste Springbokkaptein.
- 1949 – Benjamin Netanyahu, Israelse politikus (eerste minister 2009-2021).
- 1950 – Ronald McNair, Amerikaanse wetenskaplike en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 1956 – C. Johan Bakkes, Suid-Afrikaanse skrywer, rekenmeester en toergids.
- 1987 – Sophie Willan, Britse aktrise, verteller, skrywer en komediant.
- 1995 – Jasper Wiese, Springbokrugbyspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1422 – Karel VI van Frankryk, koning van Frankryk (* 1368).
- 1587 – Johann Wigand, Protestantse teoloog en hervormer (* 1523).
- 1924 – Elsie Eloff-Kruger, dogter van pres. Paul en mev. Gezina Kruger (* 1853).
- 1952 – Hans Merensky, Suid-Afrikaanse geoloog, prospekteerder, wetenskaplike, omgewingsbewaarder en weldoener (* 1871).
- 1969 – Jack Kerouac, Amerikaanse skrywer (* 1922).
- 2004 – Magdalena K. P. Smith Meyer, 'n wêreldbekende Suid-Afrikaanse akaroloog (* 1931).
- 2006 – Ronnie Belcher, Afrikaanse digter en lektor (* 1932).
- 2012 – Jan Barnard, Springbok-marathonatleet (* 1929).
- 2019 – Anthony Bishop, Suid-Afrikaanse akteur (* 1971).
- 2021 – Bernard Haitink, Nederlandse dirigent (* 1929).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Oorsese Chineesdag in die Republiek China (Taiwan).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 October. |