Alketas I van Masedonië
Voorkoms
Alketas I | |
---|---|
Koning van Masedonië | |
Tydperk | tradisioneel: 576 v.C. – 547 v.C. |
Grieks | Ἀλκέτας ὁ Μακεδὼν |
Huis | Argeïese Dinastie |
Voorganger | Airopos I |
Opvolger | Amintas I |
Vrou | onbekend |
Kinders | Amintas I |
Vader | Airopos I |
Moeder | onbekend |
Geloof | Griekse mitologie |
Alketas I (Grieks: Ἀλκέτας ὁ Μακεδὼν), uit die Argeïese Dinastie, was van 576 tot 547 v.C. koning van Masedonië. Hy was die seun van Airopos I en die pa van Amintas I, wat hom ná sy dood opgevolg het.
Dit lyk asof Alketas ’n kalm en standvastige heerser was wat anders as sy voorgangers, nie in onnodige oorloë betrokke geraak het om sy koninkryk uit te brei nie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Farr, Edward, History of the Macedonians (Robert Carter & Brothers, New York, 1850), p. 38
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia