Amintas IV van Masedonië
Voorkoms
Amintas IV | |
---|---|
Koning van Masedonië | |
Tydperk | 359 v.C. |
Grieks | Ἀμύντας Δ` |
Huis | Argeïese Dinastie |
Voorganger | Perdikkas III |
Opvolger | Philippos II |
Vrou | Cynane |
Kinders | Eurydice II |
Vader | Perdikkas III |
Moeder | onbekend |
Geloof | Griekse mitologie |
Amintas IV (Grieks: Ἀμύντας Δ), uit die Argeïese Dinastie, was in 359 v.C. koning van Masedonië.
Hy was die seun van Perdikkas III. Ná die dood van sy pa in 359 v.C. het hy koning geword, maar hy was net ’n baba. Perdikkas se broer, Philippus II, het sy leermeester en regent geword. In dieselfde jaar het Philippus homself tot koning van Masedonië verklaar. Amintas is nie as gevaarlik genoeg beskou om ’n bedreiging vir Philippus te wees nie. Dié het selfs sy dogter, Cynane, as vrou aan hom gegee.
Toe Philippus se seun, Alexander die Grote, in 336 v.C. die troon bestyg, het sake ’n ander loop geneem – hy het Amintas dadelik laat teregstel.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia