Perdikkas II van Masedonië
Perdikkas II | |
---|---|
Koning van Masedonië | |
Tydperk | tradisioneel: 448 v.C. – 413 v.C. |
Grieks | Περδίκκας Β |
Huis | Argeïese Dinastie |
Voorganger | Alketas II |
Opvolger | Archelaos I |
Vrou | onbekend |
Kinders | Archelaos I |
Vader | Alexander I |
Moeder | onbekend |
Geloof | Griekse mitologie |
Perdikkas II (Grieks: Περδίκκας Β), uit die Argeïese Dinastie, was van 454 tot 413 v.C. koning van Masedonië. Hy was een van ’n paar seuns en die uiteindelik opvolger van Alexander I.
Toe Alexander I vermoor is, het die Masedoniese volksraad besluit dat drie van sy seuns hom moet opvolg: Philippus, Alketas II en Perdikkas. Die drie broers het mekaar egter gou die stryd aangesê. Die volksraad het Perdikkas se broers toe van die troon gesit en hy het die troon alleen bestyg as Perdikkas II.
Bewind
[wysig | wysig bron]Perdikkas het gebots met Athene, wat sy grondgebied probeer uitbrei het in Masedonië, wat toe kwaai deur interne konflik verswak was. Perdikkas het gereageer deur rebellie aan te vuur in ’n paar stede wat aan Athene belasting moes betaal, ander andere Potidaia. Dié stad het wel in opstand gekom, maar is deur Athene ingeneem. Dit het weer tot ’n voortslepende oorlog tussen Athene en Sparta gelei. Perdikkas het telkens van kant verander soos dit hom gepas het. Eindelik was hy van die Atheense bedreiging ontslae deurdat Athene en Sparta mekaar in die oorlog verswak het.
Op kulturele gebied het Perdikkas die werk van sy pa voortgesit. Hy het digters, filosowe, skrywers en kunstenaars na sy hof genooi en so gesorg vir ’n kulture bloeitydperk.
Hy het baie kinders gehad, onder andere ’n seun Archelaos by sy broer se slavin. Hy sou ná Perdikkas se dood die mag bekom ná talle intriges.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia