Antibes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Antibes
Antibes in die winter, met die Vooralpe in die agtergrond
Antibes in die winter, met die Vooralpe in die agtergrond
Wapen van Antibes
Wapen
Ligging van Antibes op 'n kaart (Frankryk)
Antibes
Antibes
Koördinate: 43°43′51″N 7°07′26″O / 43.73083°N 7.12389°O / 43.73083; 7.12389
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Flag of Provence-Alpes-Cote dAzur.svg Provence-Alpes-Côte d'Azur
Département Nice Arms.svg Alpes-Maritimes
Arrondissement Grasse
Kanton Antibes-Biot en Antibes-Centre
Stigting 340 v.C.
Regering
 - Burgemeester Jean Leonetti
Oppervlak
 - Stad 26,48 km²  (10,2 vk m)
Hoogte 0–163 m (0–535 vt)
Bevolking (2009)
 - Stad 76 994
 - Digtheid 2 908/km² (7 531,7/myl2)
Poskode 06600, 06160
Skakelkode(s) 06004
Webwerf: antibes-juanlespins.com

Antibes is 'n stad in die département Alpes-Maritimes in die suid-ooste van Frankryk, aan die voet van die Alpe en langs die Côte d'Azur tussen Cannes in die ooste en Nice in die weste, met sowat 77 000 inwoners.

Antibes is saam met die vakansieoord Juan-les-Pins en sy see- en jaghawe Port Vauban (die grootste jaghawe in Europa) 'n gewilde toeristebestemming. Die stad lê naby die grootpad Autoroute 8 ("La Provençale"), die spoorweg tussen Marseille en Monaco en die lughawe van Nice.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Antibes is omstreeks 340 v.C. deur Griekse koloniste gestig, en die huidige naam is afgelei van die Griekse Antipolis ("die stad teenoor" Nice). In die Romeinse tydperk het Antipolis die status van municipium (Romeinse stad) verwerf.

Tussen 400 en 1244 was Antibes die setel van 'n biskop wat daarna na Grasse verskuif is. In 1481 is Antibes as 'n deel van die graafskap Provence by Frankryk ingelyf en het 'n belangrike strategiese rol as grensstad met Savoie gespeel. In die 17de eeu is die stad en sy hawe deur die argitek Vauban versterk. Napoléon I Bonaparte het ná sy terugkeer van die eiland Elba in die stadswyk Golfe-Juan voet aan wal gesit. Die vakansieoord Juan-les-Pins is in 1882 gestig.

Besienswaardighede[wysig | wysig bron]

'n Klein straatjie ("ruelle") in die ou stadskern van Antibes

Die strande en die jaghawe is die belangrikste besienswaardighede. Die Musée Picasso in die Château Grimaldi vertoon kunswerke van Pablo Picasso, wat hy tydens sy verblyf in Antibes geskep het – keramiek, sketse, tekeninge en skilderye. Sy ligging vlak by die Middellandse See maak van hierdie museum een van die mooiste instellings van sy soort in Frankryk.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]