Balchasj-meer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die meer in Kasakstan. Moenie verwar word met die Baikalmeer in Rusland nie.
Balchasj-meer
LakeBalkhash-EO.jpg
Nasa-Satellietbeeld van die Balchasj-meer
Lakebalkhashbasinmap.png
Kaart van die Balchasj-meer-bekken
Koördinate: 46°10′N 74°20′O / 46.167°N 74.333°O / 46.167; 74.333Koördinate: 46°10′N 74°20′O / 46.167°N 74.333°O / 46.167; 74.333
Ligging: Kasakstan
Soort: Binnemeer
Oppervlakte: 16 400 km² (6 300 myl²)
Gemiddelde diepte: 5,8 m (19 vt)
Maksimum diepte: 26 m (85 vt)
Volume: 440 km³ (106 myl³)
Lengte: 605 km (376 myl)
Breedte: Oos: 74 km (46 myl)
Wes: 19 km (12 myl)
Invloei: Ili, Karatal, Aksu, Lepsy, Byan, Kapal, Koksu
Uitvloei: verdamping
Nedersettings: Balchasj
Gevries: November tot Maart

Die Balchasj-meer (Kasaks: Балқаш Көлі, Balqaş köli; Russies: Озеро Балхаш, Ozero Balkhash; letterlik: "moeras-meer") is die tweede grootste meer in Asië ná die Baikalmeer met 'n oppervlakte van 16 400 km² en is in Oos-Kasakstan wes van die grens tot China geleë. Die grootste rivier, wat in die meer uitmond, is die Ili.

Oewer aan die Balchasj-meer

Soos die Aralmeer word ook die Balchasj-meer deur ontwatering bedreig. Die Sowjetunie het in die 1960's begin water van die Balchasj-meer se invloeie te neem vir die besproeiing van katoenvelde. 'n Ander bedreiging vir die Balchasj-meer is die groeiende waterverbruik van die Chinese Outonome Gewes Xinjiang as gevolg van die groot bevolkingsgroei, waar die Ili, die Balchasj-meer se belangrikste waterbron, ontspring.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]