Togaars
Togaars | ||
---|---|---|
Gepraat in: | China | |
Gebied: | Tarimbekken | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Togaars | |
Skrifstelsel: | Brahmi-skrif | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | geen | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | txb xto, txb | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Togaars is een van die mees obskure takke van die Indo-Europese taalgroep. Dit bestaan uit twee tale, Togaars A (Togaars in engere sin – Turfaniaans, Arsi, of Oos-Togaars) en Togaars B (Koetsjies of Wes-Togaars). Die tale is van omtrent die 6de tot die 8ste eeu gepraat, voor dit uitgesterf het en hulle sprekers deur die uitbreidende Oeigoerstamme geassimileer is.
Beide tale is vroeër in die Tarimbekken in Sentraal-Asië, nou die Xinjiang-provinsie van China, gepraat. Die naam is geneem van die Togare (Grieks: Τόχαροι, "Tokharoi") van die Griekse historici (Ptolemy VI, 11, 6). Die word soms met die Yuezhi en die Kushans geïdentifiseer, en die term Tokharistan verwys gewoonlik na 1ste millennium Baktria. 'n Turkse teks verwys na die Turfaniaanse taal (Togaars A) as twqry. Interpretasie is moeilik, maar F. W. K. Müller het dit met die naam van die Baktriese Tokharoi geassosieer.
Ontdekking en skryfstelsel
[wysig | wysig bron]In die begin van die 20ste eeu is in Turkestan (Sentraal-Asië) manuskripte uit de 7e – 8ste eeu in 'n onbekende taal (in kursief Gupta, 'n variant van die Brahma-alfabet) opgegrawe. Die taal is palmblare, houttablette en Chinese papier, wat deur die baie droë klimaat van die Tarim-bekken bewaar is. Voorbeelde van die taal, insluitend baie muurinskripsies, is by plekke in Kucha en Karasahr ontdek. Dit is taamlik gou ontsyfer via tweetalige tekste. In 1908 al blyk dit om 'n Indo-Europese taal te gaan.
Dit is deur Sieg-Siegling-Levi ontsyfer. Heelwat Boeddhistiese, religieuse en mediese tekste waarvan baie vertaal is uit Sanskrit is ontdek asook kloosterrekeninge en korrespondensie, kommersiële dokumente, karavaanpermitte, magiese tekste en een liefdesgedig. Baie Togare het die Manicheïstiese dualiteit of Boeddhisme aangeneem.
Opvallend is dat binne die Indo-Europese tale, Togaars tot die subgroep van die kentum-tale behoort, terwyl alle andere oostelike Indo-Europese tale satem-tale is.
Kulturele belang
[wysig | wysig bron]Die bestaan van die Togaarse tale en alfabet is nie eens vermoed totdat toevallige ontdekkings in die begin van die 20ste eeu manuskripfragmente in 'n toe onbekende alfabet aan die lig gebring het nie en daarmee 'n hele nuwe tak by die Indo-Europese taalfamilie gevoeg het. Die een Indo-Europese taal wat oënskynlik die meeste ooreenkoms met Togaars toon is die antieke Hittiete taal, wat in ongeveer 1000 v.C. opgehou praat is.
Togaars het sommige taalkundige teorieë oor die verhoudings tussen Indo-Europese tale omvergewerp en nuwe lewe in die taalkundige studies geblaas. Die Togaarse tale is 'n groot uitsondering op die gewone patroon van Indo-Europese takke aangesien dit die enigste een is wat direk oos van die teoretiese Indo-Europese onstaanpunt in die Pontiese steppe versprei het.
Togaars het waarskynlik na 840 uitgesterf toe die Oeigoers deur die Kirghiz uit Mongolië verban is en hulle na die Tarim Bekken onttrek het. Die teorie word ondersteun deur die ontdekking van vertalings van Togaarse tekste na Oeigoers. Tydens die Oeigoers heerskappy het vermenging tussen die Togare en die Oeigoers plaasgevind en daarmee baie van die moderne bevolking van Xinjiang geskep.
Togaars woordeskat (voorbeeld) | ||||||||||||
Afrikaans | Moderne Engels | Togaars A | Togaars B | Antieke Grieks | Latyn | Sanskrit | *Proto-Indo-Europees | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
een |
one |
sas |
ṣe |
heis |
ūnus |
eka |
*oinos of *sems |
¹ = Verwant, met aangepaste betekenis
² = Geleende verwante woord, nie eie
³ = Engelse betekenis, onverwante woord
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- "The Tarim Mummies", J.P. Mallory and Victor H.Mair, Thames&Hudson, ISBN 0-500-05101-1
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Tocharian language. |
- Togaarse alfabet
- Togaarse alfabet
- Moderne studies ontwikkel 'n Togaarse woordeboek
- Mark Dickens, 'Everything you always wanted to know about Tocharian'. Geargiveer 11 Oktober 2003 op Wayback Machine
Indo-Europese tale > Kentum-tale > Togaars |