Bloupiet
Voorkoms
Bloupiet | |
---|---|
Te Réunion. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. caeruleus
|
Binomiale naam | |
Pomacentrus caeruleus Quoy & Gaimard, 1825
|
Die bloupiet (Pomacentrus caeruleus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan; meer spesifiek aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Blue pete.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die vis word tot 10 cm lank. Dit het 'n lang, smal lyf wat helderblou is en geel is aan die onderkant. Die agterkant van die dorsale vin is ook geel asook die pektorale-, anale- en stertvinne. Die vis leef in vlak koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 25 m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopend en verkies die rommelareas by die bodem van die riwwe. Die visse is sku en bly naby hulle skuilings en vreet soöplankton.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]- http://www.fishbase.se/summary/Pomacentrus-caeruleus.html
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bloupiet.