Bob Hewitt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bob Hewitt
Bob Hewitt (1967).jpg
Bob Hewitt in 1967
Volle naam Robert Anthony John Hewitt
Land Vlag van Australië Australië
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Woonplek Oos-Kaap, Suid-Afrika
Geboortedatum 12 Januarie 1940 (1940-01-12) (79 jaar oud)
Geboorteplek Dubbo (NSW), Australië
Lengte 1,91 m
Begin professioneel 1970 (amateur-toer vanaf 1958)
Afgetree 1983
Speel Regshandig (eenhandig handrughou)
Loopbaan-wengeld $613 837
Int. Tennisheldesaal 1992 (opgeskort in 2012)
Enkelspel
Loopbaanrekord 243–170 (Ope-tydperk)
Loopbaantitels 7
Hoogste rang No. 6 (1967, Lance Tingay)[1]
Grand Slam uitslae
Australiese Ope HE (1960, 1962, 1963)
Franse Ope 4R (1961, 1963, 1964, 1965, 1967)
Wimbledon KE (1962, 1964, 1966)
VSA Ope KE (1967)
Toereindronde RR (1972)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 481–124
Loopbaantitels 65
Australiese Ope W (1963, 1964)
Franse Ope W (1972)
Wimbledon W (1962, 1964, 1967, 1972, 1978)
VSA Ope W (1977)
Australiese Ope W (1961)
Franse Ope W (1970, 1979)
Wimbledon W (1977, 1979)
VSA Ope W (1979)

Robert Anthony John "Bob" Hewitt (gebore 12 Januarie 1940 in Dubbo (NSW), Australië) is 'n voormalige professionele tennisspeler van Australië. Hy het in 1967 Suid-Afrikaanse burgerskap verkry nadat hy met 'n Suid-Afrikaner getroud is.[2]

Hewitt se grootste prestasie is die titels wat hy tydens die Grand Slam-toernooie inpalm het, beide in die mans- en gemengde-dubbelspel (Amerikaanse Ope, Wimbledon, Australiese Ope en Franse Ope).[2] Hy het ook 'n groot aandeel in die Davisbekertitel wat Suid-Afrika in 1974 gewen het gehad (die enigste tot dusver). Die oorwinning was omstrede, omdat Indië die eindstryd geboikot het.

Oor sy loopbaan het hy 7 titels in enkelspel en 65 in die dubbelspel gewen.[2] In 1967 is hy as die 6de beste speler deur Lance Tingay van The Daily Telegraph geag.[1] Hy is in 1992 in die International Tennis Hall of Fame vereer, maar hy word in November 2012 daaruit geskors na bewerings en ondersoeke rakende seksuele wangedrag teenoor die studente wat hy afgerig het.

Hewitt is op 18 Mei 2015 (op 75-jarige ouderdom) in Pretoria tot tronkstraf gevonnis nadat hy aan verkragting en onsedelike aanranding in sy jonger lewe skuldig bevind is.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) United States Lawn Tennis Association (1972). Official Encyclopedia of Tennis (First Edition), bl. 428.
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) Grasso, John (2011). "Hewitt, Robert Anthony John "Bob"". Historical Dictionary of Tennis. Historical Dictionaries of Sports. Scarecrow Press. bl. 135–136. ISBN 978-0-8108-7237-0.
  3. Bob Hewitt tot tronkstraf gevonnis, Maroela Media, 18 Mei 2015

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]