Boesmansrivier (KwaZulu-Natal, lat -28,76, long 30,19)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Boesmansrivier
Die Boesmansrivier by Wagendriftdam.
Die Boesmansrivier by Wagendriftdam.
Oorsprong Drakensberge
Monding Tugelarivier
Stroomgebied Suid-Afrika
Gemiddelde afloop 358 m3/s
Ligging van Boesmansrivier op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Boesmansrivier
Boesmansrivier
Koördinate: 28°45′39″S 29°57′21″O / 28.76083°S 29.95583°O / -28.76083; 29.95583Koördinate: 28°45′39″S 29°57′21″O / 28.76083°S 29.95583°O / -28.76083; 29.95583

Die Boesmansrivier is 'n rivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika en 'n sytak van die Tugelarivier.

Die rivier ontspring in die Drakensberge en vloei van daar in 'n oos na noordoostelike rigting. Die boonste opvanggebied is in die Giant's Castle-wildreservaat, noord van die Giant's Castle-bergpiek. Dit voed die Wagendriftdam, waarna dit verby die dorp Estcourt vloei, om naby die dorp Weenen by die Tugelarivier aan te sluit.[1]

Die sytakke van die rivier is die Klein-Boesmansrivier (wat by Estcourt in die Boesmansrivier invloei), Rensburgspruit, Mtontwanes-rivier en die Mugwenya-rivier. Die Wagendriftdam naby Estcourt is die rivier se grootste reservoir. Talle digbevolkte landelike dorpe, verskeie wat deur die Hlubi-stam bewoon word, word in die boonste opvanggebied van die rivier aangetref.[2] Die rivier word deur die Bloukransrivier in die noorde en die Mooirivier in die suide begrens.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Rivers in South Africa – e-wise
  2. Pearce, R.O. (1973). Barrier of Spears – Drama of the Drakensberg. Howard Timins. pp. 3–13. ISBN 0 86978 050 6.