Estcourt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Estcourt
Estcourt se spoorwegstasie
Estcourt se spoorwegstasie
Ligging van Estcourt op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Estcourt
Estcourt
 Estcourt se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°0′0″S 29°53′0″O / 29.00000°S 29.88333°O / -29.00000; 29.88333Koördinate: 29°0′0″S 29°53′0″O / 29.00000°S 29.88333°O / -29.00000; 29.88333
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distrik Uthukela
Munisipaliteit Umtshezi
Stigting 1848
Oppervlak[1]
 - Dorp 60,74 km²  (23,5 vk m)
Hoogte 1 196 m (3 924 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 22 071
 - Digtheid 363/km² (940,2/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 5.3%
 • Indiër/Asiër 20.5%
 • Kleurling 4.4%
 • Swart 68.8%
 • Ander 1.0%
Taal (2011)[1]
 • Zoeloe 60.9%
 • Engels 31.9%
 • Afrikaans 2.4%
 • Ndebele 1.1%
 • Ander 3.7%
Poskode (strate) 3310
Poskode (posbusse) 3310
Skakelkode(s) 036

Estcourt is 'n dorp in die weste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp lê 1 196 m bo seevlak in die heuwelagtige landskap wat die meeste van die Natalse Middelande oorheers. Die Drakensberg lê ongeveer 40 km wes van die dorp. In 2011 het die dorp 'n bevolking van 22 000 gehad.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Toe die pad vanaf Durban na Johannesburg nog net 'n ou waspoorpad was het die pad die Boesmansrivier hier by die drif naby Estcourt oorgesteek. Gou het 'n herberg en 'n winkel verskyn gevolg deur 'n smidswinkel. In die 1840's is 'n militêre pos bygevoeg. 'n Dorp is hier by die drif uitgelê op 7 Januarie 1848 en was eers bekend as Boemansdrif. In 1863 is die dorp tot Escourt herdoop ter ere van Thomas Escourt.

In 1873, na die opstand van Langalibalele (en), was Fort Durnford net bo die Boesmansrivierdrif gebou. Deesdae is die fort 'n museum.[2]

Distrik[wysig | wysig bron]

Die distrik is 3 550 km2 groot, waterryk en is goeie bees- en suiwelwêreld. Mielies is die belangrikste gewas wat verbou word. Daar is 'n groot varkverwerkings- en verskeie ander vervaardigingsaanlegte in die dorp.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]