Bruce Lee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bruce Lee
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bruce Lee in The Kid (1950)

Naam Lee Jun-fan
Geboorte 27 November 1940
San Francisco, Verenigde State
Nasionaliteit Frans
Sterfte 20 Julie 1973
Hongkong
Beroep(e) Vegkunstenaar, filosoof, vegkunsinstrukteur en vegkunsakteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Bruce Lee met sy seun Brandon in 1966.
Die grafte van Bruce en Brandon Lee in Seattle.

Bruce Jun Fan Lee (27 November 1940 – 20 Julie 1973) was 'n Sjinese vegkunstenaar, filosoof, vegkunsinstrukteur en vegkunsakteur. Hy was ook die stigter van die vegkuns "Jeet Kune Do". Lee word algemeen beskou as die invloedrykste vegkunstenaar van die twintigste eeu.[1] Hy was ook die vader van die akteur Brandon Lee en die aktrise Shannon Lee.

Lee is in San Francisco, Kalifornië gebore, maar het in Hongkong groot geword. Sy rolprente het die tradisionele Hong Kong-vegkunsrolprent nuwe gewildheid en lof gebring en gesorg vir die eerste grootskaalse belang in Sjinese vegkuns in die Weste. Die regie en toon van sy rolprente het vegkuns en vegkunsrolprente die wêreld oor beïnvloed.

Lee het 'n ikoniese figuur geword, veral vir die Sjinese volk, siende dat hy Sjinese nasionale trots en Sjinese nasionalisme in sy rolprente uitgebeeld het.[2] Hy het hoofsaaklik Sjinese vegkuns (Koeng foe) beoefen, veral Wing Tsun.

Verwysings[wysig]

  1. Stein, Joel (1999). “TIME 100: Bruce Lee”. Time. URL besoek op 2008-05-30.
  2. Dennis, Felix; Atyeo, Don (1974). Bruce Lee King of Kung-Fu. United States: Straight Arrow Books. ISBN 0-87932-088-5.