Imberi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Brycinus imberi)
Jump to navigation Jump to search

Imberi
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infraphylum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraclass:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. imberi
Binomiale naam
Brycinus imberi
(Peters, 1852)[3][4]

Imberi (Brycinus imberi) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika noordwaarts van die Pongolarivier tot by die Rufgirivier in Tanzanië. Die vis kom ook voor in die Kongorivier en riviere in Wes-Afrika maar nie die boonste gedeelte van die Zambezirivier nie.

In Engels staan die vis ook bekend as Imberi en/of Spot tail - in die Caprivi staan die vis bekend as die Tweekol Tiervis.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die kop is klein, beenagtig en tipies tiervis. Die tande op beide kake is opvallend, is meerpuntig en in twee rye met 16 bo en 10 onder.

Die vissie se lyf is silwerig van kleur met olyfgroen skakerings op die bo dele en geel tot oranje vinne. Daar is 'n swart kol agter die kop en groot vlek (kol) op die basis van die stertvin.

Die vissie word tot 180 mm groot en die wyfies is gewoonlik groter as die mannetjies. Die hengel rekord vir beide Suid-Afrika en Zimbabwe is 0.3 kg.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vissie kom in alle tipes water voor, maar as gevolg van die feit dat dit ‘n dwerg tiervis is en dus dieselfde gewoontes het as sy groter neef, die tiervis, is dit gedwing om in vlak (verkieslik loperige) water te hou.

Hulle jaag alle tipes kunsaas en word per ongeluk gehaak. Hulle is ‘n pes op enige aas, as dit vlak genoeg in die water is. Die vissie self is uitstekende aas vir Tiervis, Skerptandbabers, Vundu en selfs roofkurpers soos die Olyfkurper (Nembwe) en Smalkop-kurper.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. UICN (en)
  2. Cuvier, G. & A. Valenciennes, 1850. Histoire naturelle des poissons. Tome vingt-deuxième. Suite du livre vingt-deuxième. Suite de la famille des Salmonoïdes. Table générale de l'Histoire Naturelle des Poissons (pp. 1-91). Hist. Nat. Poiss. v. 22: i-xx + 1 p. + 1-532 + 1-91, Pls. 634-650.
  3. BioLib (en)
  4. Peters, W. (C. H.), 1852. Diagnosen von neuen Flussfischen aus Mossambique. Monatsberichte der Akademie der Wissenschaft zu Berlin 1852: 275-276, 681-685.

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]