C/2022 E3 (ZTF)
C/2022 E3 (ZTF) op 27 Januarie 2023. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur: | Zwicky Transient Facility |
Ontdekkingsdatum: | 2 Maart 2022[1] |
Wenteleienskappe | |
Afelium: | ≈2 800 AE[2] |
Perihelium: | 1,112 AE |
Eksentrisiteit: | 1,00027 |
Wentelperiode: | ≈50 000 jaar (op pad na Son)[2] |
Baanhelling: | 109,17° |
Volgende perihelium (voorspel): | 12 Januarie 2023 |
C/2022 E3 (ZTF) is 'n langperiodekomeet wat op 2 Maart 2022 deur die Zwicky Transient Facility in Kalifornië, VSA, ontdek is[1] en 'n wentelperiode van 50 000 jaar het. Die komeet het sy perihelium op 12 Januarie 2023 bereik, op 'n afstand van 1,11 AE van die Son af en sy naaste afstand van die Aarde af op 1 Februarie 2023, op 'n afstand van 0,28 AE. Dit was in Januarie uit die Noordelike Halfrond sigbaar en van vroeg Februarie af uit die Suidelike Halfrond.[3] Die komeet het 'n skynbare magnitude van 5 bereik en was in donker, maanlose omstandighede met die blote oog sigbaar.[4][5][6][7]
Waarnemingsgeskiedenis
[wysig | wysig bron]C/2022 E3 (ZTF) is op 2 Maart 2022 deur die sterrekundiges Bryce Bolin en Frank Masci ontdek met behulp van 'n opname deur die Zwicky Transient Facility (ZTF) in Kalifornië, VSA.[1] Die komeet het toe 'n skynbare magnitude van 17,3 gehad en was sowat 4,3 AE van die Son af. Dit is aanvanklik as 'n asteroïde geïdentifiseer, maar daaropvolgende waarnemings het 'n baie digte koma onthul, wat aangedui het dit is 'n komeet.[1][8]
Teen vroeg November 2022 het die komeet 'n magnitude van 10 bereik en skynbaar stadig in die Noordelike Kroon en Slang inbeweeg terwyl dit parallel met die Aarde beweeg het.[9] Die komeet het toe 'n groen koma, geel stofstert en dowwe ioonstert gehad. Dit was vroeg saans sigbaar en het teen einde November ook soggens sigbaar geword.[10]
Teen 19 Desmber het die komeet 'n groenerige koma, kort en breë stofstert en 'n lang en dowwe ioonstert gehad wat oor 2,5 grade gestrek het.[11] Dit het daarna noordwaarts begin beweeg, deur die Veewagter, Draak en Klein Beer, en 10 grade van Polaris af verby.[10]
Die komeet het op 12 Januarie 2023 sy perihelium bereik, op 'n afstand van 1,11 AE van die Son af, en sy naaste afstand van die Aarde af was op 1 Februarie 2023, op 0,28 AE. Op sy naaste afstand van die Aarde was dit naby die noordelike hemelpool sigbaar[12] en het dit in die Kameelperd gelê.[13] Op 10-11 Februarie het die komeet 1,5 grade van Mars af verbybeweeg en op 13-15 Februarie voor die Hiades-sterreswerm verby.[10]
Kleur
[wysig | wysig bron]Die ongewone groen kleur is waarskynlik vanweë die teenwoordigheid van diatomiese koolstof, veral om die komeet se kop.[14] Die C2-molekule straal gewoonlik by infrarooi uit wanneer dit deur die Son se ultravioletstrale opgewek word, maar sy triplettoestand straal by 518 nm uit. Dit word geskep deur die fotolise van organiese materiaal wat van die kern verdamp, en daarom kom die groen in die kop voor, maar nie in die stert nie.[15][16]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Bolin, B.; et al. (21 Maart 2022). "MPEC 2022-F13 : COMET C/2022 E3 (ZTF)". Minor Planet Electronic Circular. Minor Planet Center. Besoek op 24 Augustus 2022.
- ↑ 2,0 2,1 Horizons output. "Barycentric Osculating Orbital Elements for Comet C/2022 E3 (ZTF)". Besoek op 24 Augustus 2022.
- ↑ What's Up in January 2023? JPL/Nasa
- ↑ "COBS: Comet C/2022 E3 (ZTF) observation list". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2023. Besoek op 31 Januarie 2023.
- ↑ "Circumpolar Comet ZTF (C/2022 E3) is Here!". Sky & Telescope. 16 Januarie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2023. Besoek op 17 Januarie 2023.
- ↑ Hall, Shannon (20 Januarie 2023). "How to Watch the 'Green Comet' in Night Skies. - Comment". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2023. Besoek op 21 Januarie 2023.
- ↑ Mack, Eric (23 Januarie 2023). "Bright Green Comet Passing Earth Is Visible Now in Dark Skies". CNET (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2023. Besoek op 24 Januarie 2023.
- ↑ "Electronic Telegram No. 5111- COMET C/2022 E3 (ZTF)". Central Bureau for Astronomical Telegrams. 21 Maart 2022. Besoek op 24 Augustus 2022.
- ↑ Ratcliffe, Martin; Ling, Alister (1 November 2022). "Sky This Month: November 2022". Astronomy.com (in Engels). Besoek op 4 November 2022.
- ↑ 10,0 10,1 10,2 "Sneak Peek at Two Promising Comets". Sky & Telescope. 17 November 2022. Besoek op 18 November 2022.
- ↑ "Comet 2022 E3 (ZTF) | Science Mission Directorate". science.nasa.gov. 24 Desember 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2022. Besoek op 31 Desember 2022.
- ↑ "Comets to View in 2022". Sky & Telescope. 30 Maart 2022. Besoek op 24 Augustus 2022.
- ↑ Urbain, Tom (10 November 2022). "Starlust.org | Meet Comet C/2022 E3 (ZTF), the next naked-eye comet in the night sky". starlust.org. Besoek op 10 November 2022.
- ↑ Rao, Joe (6 Januarie 2023). "A comet not seen in 50,000 years is coming. Here's what you need to know" (in Engels). Besoek op 6 Januarie 2023.
- ↑ Krämer, Katrina (23 Desember 2021). "Comets' green colour comes from dicarbon dissociation, experiments confirm" (in Engels). Besoek op 7 Januarie 2023.
- ↑ Koe, Crystal (31 Januarie 2022). "Why are comet heads green — but not their tails?" (in Engels). Besoek op 7 Januarie 2023.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.