Carl Zeiss

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Carl Zeiss
Carl Zeiss from Auerbach 1907.png
Portret van Carl Zeiss
Gebore(1816-09-11)11 September 1816
Sterf3 Desember 1888 (op 72)
NasionaliteitDuits
BurgerskapDuits
Alma materUniversiteit van Jena
Bekend virBydraes tot die lensvervaardiging

Carl Zeiss (11 September 18163 Desember 1888) was 'n Duitse industrialis en optikus. Hy is gebore in Weimar. Hy het in Stuttgart studeer en in 1846 begin hy 'n klein werkswinkel in Jena. Hier vervaardig en herstel hy gereedskap van die natuurwetenskapafdeling van die Universiteit van Jena. Sy besigheid groei vinnig en Zeiss verkry 'n reputasie as 'n vervaardiger van kwaliteit-mikroskope. In 1866 het Ernst Abbe by die maatskappy aangesluit. Hy was ook uiters vaardig in optika en later word Abbe en Zeiss se seun, Roderich, vennote in die besigheid. Zeiss sterf op 3 Desember 1888 in Jena. Onder Abbe se beheer sluit die Zeiss-besigheid aan met die van Otto Schott in 1889.

Bron[wysig | wysig bron]

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 23, Bladsy 752.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]