Caster Semenya

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Semenya tydens die Wêreldkampioenskappe in Berlyn in 2009

Mokgadi Caster Semenya[1] OIB (* Polokwane, 7 Januarie 1991) is 'n Suid-Afrikaanse middelafstandloopster wat in die 800 m-item spesialiseer. Sy het in hierdie dissipline Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen geword.

Op 6 Julie 2010 het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) toestemming verleen dat sy weer teen vroueatlete mag deelneem, na uitgerekte spekulasie oor haar geslag.[2] Sy wen haar eerste wedloop na haar hertoetrede toe sy op 15 Julie 2010 gemaklik met 'n tyd van 2:04.22 by die Lappeenranta-spele in Finland wen.[3]

Tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 wen sy 'n silwermedalje in die 800 m-wedloop. Semenya het by die openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[4]

Titels[wysig | wysig bron]

  • Wêreldkampioen 800 m – 2009
  • Suid-Afrikaanse kampioen 800 m – 2009
  • Afrika Jeugkampioen 800 m – 2009
  • Afrika Jeugkampioen 1500 m – 2009

Medaljes[wysig | wysig bron]

Internasionale medaljes
Datum Kompetisie Plek Uitslag Item
2009 Wêreldatletiekkampioenskap Berlyn 1ste 800 m
2011 Wêreldatletiekkampioenskap Daegu 2de 800 m
2012 Olimpiese Somerspele 2012 Londen Silwer 800 m
2015 Afrika-atletiekkampioenskap Brazzaville 1ste 800 m
2016 Olimpiese Somerspele 2016 Rio de Janeiro Goud 800 m

Persoonlike rekords[wysig | wysig bron]

Item Prestasie Datum Plek
400 m 52,54 s 26 Maart 2011 Germiston
600 m 1.25,56 13 Junie 2012 Turku
800 m 1.55,28 (nasionale rekord) 20 Augustus 2016 Rio de Janeiro
1500 m 4.08,01 2 Augustus 2009 Bambous

Persoonlike lewe en eerbetonings[wysig | wysig bron]

Semenya het tydens die Vryheidsdag op 27 April 2014 die Orde van Ikhamanga in brons ontvang.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Voorafgegaan deur:
Natalie du Toit
Vlagdraer vir Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Londen 2012
Opgevolg deur:
Wayde van Niekerk