Cherokee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Cherokee
Cherokees.jpg
Portrette van bekende Cherokee-persoonlikhede
Totale bevolking: 316 049[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
(Noord-Carolina en Oklahoma)
Taal: Engels, Cherokee
Geloofsoortuiging: Protestantse en Rooms-Katolieke Christene, tradisionele gelowe
Verwante etniese groepe: Chickasaw, Choctaw, Muscogee (Creek) en die Seminole
Vlag van die Cherokee-nasie.
Die huis het aan hoofman John Ross behoort.

Die Cherokee (ah-ni-yv-wi-ya in Cherokee-taal) is ’n inheemse Amerikaanse stam van die Amerikaanse deelstate Noord-Carolina en Oklahoma.[2] Dit is een van die stamme wat as die vyf beskaafde stamme beskryf is.

Nunahi-Duna-Dlo-Hilu-I[wysig | wysig bron]

President Andrew Jackson voer in 1830 die Indian Removal Act in wat die inheemse stamme oos van die Mississippirivier verplig om na die streke van die huidige deelstaat Oklahoma te trek. Die Cherokee word in 1838 die vyfde groot stam wat gedwing word hulle tuiste te verlaat. Sowat 15 000 van hulle vertrek, 'n klein groep verskuil hulle in die Appalachegebergte. Op hierdie trek sterf vier duisend Cherokees van honger, koue of siektes. Hulle noem hierdie trek die Nunahi-Duna-Dlo-Hilu-I die "pad waar hulle gehuil het".[3] Die meeste Cherokee woon vandag steeds in Oklahoma, maar die oostelike bende wat in die berge gebly het, het later land in die weste van Noord-Carolina gekoop om daar 'n klein reservaat te stig.[4]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Pocket Pictorial." Geargiveer 6 April 2010 op Wayback Machine
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. kidkonnect.com.
  4. Cherokee, NC.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]