Dassievoël

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dassievoël
'n Wyfie in die Pilanesberg Wildreservaat, Suid-Afrika
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Muscicapidae
Subfamilie: Saxicolinae
Genus: Thamnolaea
Spesie: T. cinnamomeiventris
Binomiale naam
Thamnolaea cinnamomeiventris
Sinonieme

Myrmecocichla cinnamomeiventris

Die dassievoël (Thamnolaea cinnamomeiventris) is 'n voël in die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) in die orde van sangvoëls (Passeriformes). Die spesie het vroeër aan die familie van lysters behoort. In Engels staan die voël as die Mocking Cliff-Chat bekend.

Die voël is algemene maar gelokaliseerde standvoël wat op kranse en rotsbelaaide heuwelhange en klowe leef.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die voël is 22 cm lank en weeg 46 tot 53 gram. Die mannetjie is blinkswart met 'n helder, kastaiingbruin pens, fondament en kruis, en wit skouervlekke. Die wyfie het 'n donkergrys rugkant en die borskant is kastaiingbruin. Die jong voël lyk soos die wyfie maar is net valer.

Hulle woon familiegroepe of pare saam en soek ook kos op die grond.

'n Mannetjie in Suid-Afrika.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]