Los Angeles County

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Los Angeles County
Die stadshorison van Los Angeles teen die agtergrond van die San Gabriel Mountains
Die stadshorison van Los Angeles teen die agtergrond van die San Gabriel Mountains
Vlag van Los Angeles County
Vlag
Official seal of Los Angeles County
Seël
Ligging van Los Angeles County in Kalifornië
Ligging van Los Angeles County in Kalifornië
Koördinate: 34°3′N 118°15′W / 34.050°N 118.250°W / 34.050; -118.250Koördinate: 34°3′N 118°15′W / 34.050°N 118.250°W / 34.050; -118.250
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat Flag of California.svg Kalifornië
Streek Suid-Kalifornië
Stigting 18 Februarie 1850
Oppervlak
 - Gekonsolideerde stad-county 12 310 km²  (4 751 vk m)
 - Land 10 510 km² (4 058 vk m)
 - Water 1 790 km² (693 vk m)
Bevolking (2015)
 - Gekonsolideerde stad-county 10 170 292
 - Digtheid 800/km² (2 100/vk m)
Tydsone Pasifiese Standaardtyd (UTC-8)
 - Somer (DST) Pasifiese Somertyd (UTC-7)
Poskode 90001–90899, 91001–93599
Skakelkode(s) 213, 310/424, 323, 562, 626, 661, 747/818, 909
Webwerf: lacounty.gov

Los Angeles County (amptelik: County of Los Angeles) is die mees bevolkte van Kalifornië se administratiewe distrikte (counties) en behels met Los Angeles ook dié Amerikaanse deelstaat se grootste metropolitaanse gebied.

Die distrik se grondgebied sluit naas 75 myl se kuslyn op die vasteland ook twee eilande, Santa Catalina en San Clemente, in. Die noordweste van Los Angeles County word oorheers deur die barre en grotendeels onontwikkelde Santa Monica-berge wat deel uitmaak van die bergreeks Transverse Ranges. Dié reeks daal langs die Stille Oseaan tot 'n smal kusstrook met rotse en sandstrande.

Die verstedelikte Los Angeles-bekken, 'n uitgestrekte plat kusvlakte wat deur die Los Angeles-, San Gabriel- en Santa Ana-riviere en die Ballona Creek gevorm is, strek oos van die bogenoemde bergreeks. Hier het langs die breë sandstrande van die halfmaanvormige Santa Monicabaai bekende stranddorpe soos Santa Monica, Venice, Manhattan Beach, Hermosa Beach en Redondo Beach ontstaan.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. State of California - California Coastal Commission: California Coastal Resource Guide. Berkeley · Los Angeles · London: University of California Press 1987, bl. 279

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]